top of page
Izak de Vries

I made my cheese


Ek was pas by die bekendstelling van ’n boek, I made my Cheese (In Greyton), deur Rae Nash.

Ek deel graag Rae se storie, want dit wys net, as jy wil, kán jy ’n boek skryf en uitgee.

Rae lees voor uit I made my cheese.

Ek het ’n jaar gelede die rou manuskrip gelees en het toe twee goed vir Rae gesê:

a) Dis ’n wonderlike manuskrip,

b) Dis nie ’n manuskrip wat sommer by een van die groot uitgewers opgeraap gaan word nie.

In het korte handel dié reeks verhale oor ’n persoonlike pelgrimstog deur Rae se eie psige gedurende haar verblyf in Greyton toe sy kaas met die hand gemaak en verkoop het.

Dis ’n verhaal vol hoop, vol heerlike humor, en, bowenal, vol interessante staaltjies oor kleurryke karakters in een van die land se outydse dorpies.

Rae het vasgebyt, sy het aangeklop by iemand wat skryfklasse gee, het verder geskaaf en het toe ’n baie goeie redakteur aangetree. Laastens het sy die regte persoon gevra om die boek mooi te maak en digitaal te druk. Op hierdie manier het sy nou ’n pragtige boek, wat vandag goed verkoop het, en wat haar nie ’n enorme bedrag gekos het nie.

Laat dit ’n inspirasie wees.

Hier is hulle: Die skryfinstrukteur, die boekmaker en die redakteur.

Enige een wat hierdie interessante teks in die hande wil kry, kan vir Rae nader by raenash@yahoo.com, of julle kan dit kry by The Book Shoppe in die Pick ’n Pay-sentrum in Tokai se hoofstraat (021 713 1528).

Hier is Rae saam met haar geliefde, Karin, en hulle seuntjie.

Alle foto’s (c) Izak de Vries

0 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comentarios


bottom of page