top of page
Uitmelkbos

HOERA VIR STRAND-BOBBEJAAN!




Die bobbejaan is ‘n burger van die berge. Elke bobbejaan het immers sy krans, soos die spreekwoord lui. Ons sing ook “bobbejaan klim die berg …”

In die bekende Afrikaanse liedjie klim ou sekelstert mos ewe jollie die berg om die boere te vererg – “hoera vir die jollie bobbejaan!”

Hoe jy daardie kloutjie by die oor kry, weet ek nie so mooi nie. Maar nietemin en desnieteenstaande, ek wil eintlik vertel van die natuurreservaat De Hoop se jollie bobbejane.

Hierdie foto het ek gister by die uitkykpunt by Die Mond in De Hoop geneem. Die bobbejane kuier hier alte lekker tussen die pelikane, flaminke en dies meer op die wit sand by De Hoop se vlei.

Moenie in De Hoop die bobbejaan agter die bult gaan haal nie – gaan soek hom liewer op die strand. Of wat praat ek alles?

Bobbejane wat n sonbad neem, was nie die enigste verrassing van ‘n vinnige kuiertjie aan die Overbergse kus nie. Van die ander doen ek later verslag.

6 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page