Hul goue bruilof was op Saterdag 14 Desember. Ek en Cas was in 1958 saam eerstejaars in Kollegetehuis aan Tukkies. Ons vier het Saterdag saam die Kaap platgery – o.m. die vaart onderneem van die KIKS tot by Sol se One and Only-hotel. Soos altyd, genotvol gewees.
Ook gaan inloer by die nuwe Kaapse Waterfront-sensasie, die Grand Cafe, met sy banke en stoele op die sand. Vol bespreek tot 6 Januarie, kan jy glo!
(Naskrif: Reken, saam is ons vier so iets oor die 280 jaar op die ondermaanse!)
Comments