top of page
Izak de Vries

Fotowenners: Giants of the Desert

Ek het nooit verlede jaar vir julle vertel wat gebeur het met die fotokompetisie nie. Die wenners is aangekondig by die amptelike bekendstelling van Giants of the desert. Ek plaas al drie wenfoto’s hieronder. Maar, voor ek die wenners bekendmaak, iets oor die boek.


Professor Fritz Eloff was vir 31 jaar die hoof van Dierkunde aan die Universiteit van Pretoria. Vir talle jare het hy meegedoen aan verskeie wetenskaplike geskrifte, maar eers onlangs het hy begin om meer populêr te skryf. In 1999 is sy boek oor die leeus van die Namib, Jagters van die duine, bekendgestel. Op 26 November 2010 is sy tweede boek, Giants of the desert, bekendgestel. Dié boek handel oor die olifante van die Namib en is ryklik van foto’s voorsien.



Salmon Joubert, die toenmalige uitvoerende direkteur van die Krugerwildtuin, was ook by die funksie.

Tussen dit alles deur was Fritz Eloff nog betrokke by die Noord-Transvaalse Rugbyunie ook. Barend van Graan, die uitvoerende hoof van die Blou Bulle, was ook daar.

En nou vir die wenners!

Hier is Louis Smit (links), Protea se bemarkingshoof, saam met Hennie Bezuidenhout, die wenner van die eerste prys. Hulle hou die wenfoto vas. (Hennie, ’n mediese dokter, gaan hier jaar in Port Elizabeth werk, so die fotograwe by die geleentheid het hom onmiddelik vertel van die Addo se olifante.)

Hier is Hennie se wenfoto. Dit is in Botswana geneem.



Skud solank die stof van die lense af. Ons kondig sommer een van die dae weer ’n fotokompetisie aan.

0 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

تعليقات


bottom of page