top of page
Izak de Vries

Fiksieredigering & Fiction Editing

(Scroll down for the English workshop!) Die Professional Editors’ Group kondig graag die vyfde jaarlikse slypskool oor ‘Fiksieredigering’ aan wat net voor die Franschhoek- Literêre Fees plaasvind. Datums: 14 en 15 Mei 2014 Tyd: 08:30 tot 17:00 Plek: Klein Waterval Gastehuis en Konferensiesentrum, Franschhoek Koste: PEG-lede/studente – R1 680 (R1 450 vroeë registrasie tot 17 April) LAMP-lede – R1 970 (R1 720 vroeë registrasie tot 17 April) Nie-lede – R2 420 (R2 070 vroeë registrasie tot 17 April) PEG se slypskole in 2011, 2012 en 2013 was ’n reusesukses. Talle praktisyns het gevra vir verdere praktiese opleiding in hierdie hoogs gespesialiseerde veld van redigering. Die 2014-slypskool neem die avontuur verder: groepe teksredigeerders, bygestaan deur ’n span fasiliteerders, gaan ’n werklike fiksiemanuskrip redigeer. Vanjaar is MISDAAD in die kollig met ’n riller van ’n manuskrip om te redigeer. In ’n aantal kleingroepsessies versprei oor die twee dae gaan deelnemers werk aan ’n riller-teks wat vir werklike publikasie voorberei moet word. In die proses sal hulle vertroud raak met aspekte van fiksieskryfwerk, soos die sterk begin van ’n paragraaf, ’n bladsy en ’n hoofstuk; storie teenoor intrige; wat ‘misdaad’ alles behels; vertelling/verteller; dialoog en perspektief; die verskillende subgenres van misdaadfiksie. Izak de Vries en Chanette Paul sal die sessies fasiliteer: Plek is beperk vir die Afrikaanse slypsessies (’n maksimum van 20 persone). Deelnemers moet onderneem om ’n volledige manuskrip deur te lees. Dit is noodsaaklik vir volle deelname aan die slypskool. Elkeen moet ook ’n woordeboek en/of tesourus saambring. Die volle program, registrasiebesonderhede of nadere inligting is beskikbaar by PEG se administrasiebeampte, Ellyn Barry, ellynbarry@telkomsa.net. Ellyn se telefoon- en faksnommer: 011 792 5768. Sluitingsdatum vir registrasie: Maandag 5 Mei 2014.

 * * * The Professional Editors’ Group has pleasure in announcing that the fifth annual workshop on ‘Editing Works of Fiction’ will be taking place in the run-up to the Franschhoek Literary Festival. Dates: 14 and 15 May 2014 Times: 08:30 to 17:00 Venue: Klein Waterval Riverside Lodge and Conference Centre, Franschhoek Price: PEG members/students – R1 680 (R1 450 early-bird special until 17 April) LAMP members – R1 970 (R1 720 early-bird special until 17 April) Non-members – R2 420 (R2 070 early-bird special until 17 April) Building on the sold-out workshops staged by PEG in 2011, 2012 and 2013 – and in response to requests from practitioners to provide more hands-on training in this highly specialised area of editing – this 2014 workshop will introduce a new topic, a new genre, and a fascinating new twist: groups of editors will edit a real fiction manuscript with a difference: a selection of stories that will be published on FunDza’s mobi website! (Digital publishing at its most ‘mobile’!) Published by FunDza for the youth market, these stories – all of which have to be edited – are eagerly awaited by thousands of avid readers, and read using Mxit. In a number of small-group sessions spread over the two days, while working on texts for publication, delegates will be experiencing aspects of fiction writing such as strong beginnings and satisfying endings; story versus plot; characterisation; narrative/narrator; clear, punchy writing, and appealing dialogue that befits a digital environment. You may even have an opportunity to meet the publisher and hear first hand about the joys and special issues involved in working in this stimulating, cutting-edge genre. Once again two of South Africa’s best, most experienced writer-editors in the genre will be your facilitators, known for the power of their ‘listening circle’ approach to workshop participation: Maire Fisher and Nella Freund. Limited places are available for these English-language sessions (a maximum of 20 people). Attendees must undertake to read an entire manuscript as a prerequisite for full participation in the workshop, and each bring a dictionary and/or a thesaurus. To register with or direct enquires to the PEG administrator, Ellyn Barry, at ellynbarry@telkomsa.net. Ellyn can also be called or faxed on 011 792 5768. Closing date for registrations: Monday 5 May 2014.

0 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page