Hier is my inskrywing vir Annelise se uitdaging. Net vir diegene wat nie met ons beroep bekend is nie; ’n redakteur sal dikwels vlaggies plak op plekke waar ’n uitgewer of skrywer moet aandag gee. Die Engelse uitdrukking “flag it” is letterlik van toepassing.
Die begin
Toe loop die nuwe vryskutredakteur in die kantoor in. Sy is vlasblond met ’n klein, ronde brilletjie.
Die boek gaan oor kuns, oor taal wat uitstel en speel ...
Twee weke later daag haar teks op, die ene vlaggies. Maar nie een van die vlaggies is geplak op ’n bladsy met korreksies nie.
Versigtig haal hy die vlaggies af.
Hy staan op en sluit sy deur. Voor sy oë
gebeur ’n herskepping van Gustave Courbet se L’Origine
du monde, maar dis ’n blonde vrou dié. Dit lyk of die foto met ’n selfoon
geneem is.
Commentaires