top of page
Uitmelkbos

ENGELSE SEBRAS (VERVOLG)

Dankie aan almal wat so lekker saamgesels het oor die Van Deventers se ontnugtering met die Engelse sebras. Ek antwoord nie een vir een nie.

‘n Skriftelkike beswaar wag vir die Ster-Kinekormense as die kantore more open.  Het nie veel hoop nie, want die storie wat die klagtelyn-meisie te vertelle het, verontskuldig Ster-Kinekort volledig. Alles word is op Die Burger se brood gesmeer. “Fout in die advertensie”, en Ster-Kinekor kan niks daaraan doen nie.

Ongelukkig vir haar weet ek darem geen advvertensie kan ingaan tensy ‘n proef afgeteken is nie – so was dit immer in my dae.  Dit verplaas die skuld vierkant terug waar dit hoort.

“Fout in die advertensie” verklaar ook nie die flitsende “Afrikaans” op die bord by die kaartjieskantoor by die 17:15-vertoning in die Cine10 nie.  Kleinseun Jacob kan instaan dat Oupa nie teen sy oogvelle vasgekyk het nie.

Was daar wel ‘n Afrikaanse vertoning om 17:15 in ‘n ander teater, sou ek weet.

“Nee, “was die antwoord. “Net een vertoning om 17:15 en dit is in Engels”.

Die “plot thickens”, soos ‘n Ingelse sebra sou opmerk.  Nou wag ek maar.   

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page