top of page

Earth Hour: Ek gaan afskakel


Dit is vandag wêreldomgewingsdag. Dis ’n goeie dag om te besluit om deel te neem aan Earth Hour op 28 Maart.

Hoekom? Want ek kan, en ek wil ’n verskil maak.

Gaan een daad van aktivisme help?

Nee, maar as jy een van baie is en begin om ...

- altyd ligte af te sit as jy hulle nie nodig het nie, en - daardie slim gloeilampe te gebruik wat minder krag vat...

... dan maak jy gou-gou ’n moewiese verskil.

Hier is iets wat die De Vriese gedoen het:

1. Die vorige eienaars het daardie vieslike downlighters die hele huis vol geïnstalleer. Hulle VREET krag. Ons het hulle vervang met slimlampies. a) In die slaapkamer was 6 (30 W elk) = 180 W. Ons het dit vervang met één van die slim gloeilampies, en ’n goeie lampskerm. Hoeveel? 15W. Nou het ons beter lig. b) In die gang was 4 (30 W x 4 = 120 W). Vervang deur een slimlampie en ’n goeie lampskerm. 15 W. c) In die kombuis wou ons helder lig hê. Ons het die ses downlighters (6 x 30 W = 180 W) vervang met 3 slimlampies: 3 x 15 = 45 W. Uitstekende lig.

2. Ook het ons die stoofplate vervang met gas. Dit kook heerlik, en dit spaar enorme hoeveelhede krag.

3. Die slim mense sê ook dat ’n skottelgoedwasser beter is vir die omgewing as om alles met die hand te was. Op hierdie punt het Izak besluit hy gaan ook deelneem. Graag.

4. Voorts het ons ’n houtstofie in die huis gesit en isolasie op die dak. In die winter maak dit maak ’n enorme verskil aan die gemak in die huis en dit spaar verskriklik baie energie. Baie winteraande sit ek in ’n T-hemp en werk, danksy hierdie kombinasie.

5. Ek probeer ook hard om my huisgenote so ver te kry om ligte af te skakel en die yskasdeur toe te maak, onmiddellik. Weet julle hoeveel krag ’n yskas vreet as jy die deur laat oopstaan terwyl jy melk in jou koffie gooi?

En weet julle wat? Ek kan dit aan my sak voel. Ek koop minder elektrisiteit.

Ek ondersoek tans sonkrag vir die warm water. Ek lees ook op oor windkrag.

Dus, doen mee. Registreer en skakel af Saterdagaand. Hier is die skakel:

Dis die begin!


0 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page