Randall Wicomb se spiere is groter as myne, gelukkig is hy ’n sagmoedige reus.
Lize-Marie van der Watt was die eerste historikus wat al ooit die geleentheid gehad het om Antarktika te besoek as deel van ’n navorsingspan. Herken julle die paparazzo in die agtergrond?
(Awie Badenhorst het hierdie foto geneem.)
Die meer bekende historikus, Dan Sleigh, hou nie van foto’s nie, maar ek kon darem vinnig skiet en toe weghardloop.
Van links na regs: Sandra Prinsloo, Alexa Strachan en Milan Murray. Hulle speel in Alexa Strachan se drama, Vergenoeg, wat gebaseer is op Marita van der Vyver se roman. André Odendaal doen die regie en Herman van den Berg het die musiek geskryf.
Moenie Herman van Berg-hulle se uitstekende produksie, Brel & Piaf: Paryse Tweesang, Saterdagaand 21h00 misloop nie.
Sandra Prinsloo raak gagga oor ’n pikkewyn van Sanccob. Die pikkewyn se naam is Columbine, want sy’s by Cape Columbine gered.
Susanne Paxton, die aanbieder van Spektrum op RSG, kom sê ook hallo vir die oulike pikkewyn.
Dis een ding om daar te wees, foto’s te neem en te kuier, dis ’n ander om huis te kom, huis en haard in stand te hou en nog jou werk ook tussen te doen. Dis ’n lang inleiding om te sê: Hier kom nog foto’s.
Comments