top of page
Uitmelkbos

DIE HOND KOM TERUG!


‘n Goeie hondestorie is ‘n joernalistieke treffer – ‘n paspoort tot die voorblad. Dit staan in my hondeboekie,”‘n Vriend vir Altyd – Honderde Hondestories” wat in 2000 by H&R verskyn het.

Vandag is weer in Die Burger die storie van Millie wat in drie dae 40 km geloop het. Maar hoe ver kan ‘n hond stap en hoe lank kan hy op sy eie oorleef?

In “Vriend” is die storie van Lekkie, ‘n swart staffie, wat na ‘n motorkaping op Krugersdorp met net die son, maan en sterre as enigste bakens na sy huis in die distrik Cornelia teruggestap het – 700 km ver. Lekkie het 18 maande lank sy huis bly soek.

Daar is ook die storie van die Kroasiese hond Teddy wat tydens Zagreb se blitzkrieg van sy eienaars geskei geraak het. Die hond het hulle opgespoor na ‘n swerftog van sewe maande oor ‘n afstand van 600 km – oor bree riviere met min brue wat nog staan en militere frontlinies.

Ja, dis nie net die kat wat terugkom nie!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comentarios


bottom of page