’n Hunkering se grein, deur Johann de Lange. Resensent: Daniel Hugo (Boeke24)
Taalmeester weeg taalmeester. Daniel Hugo se oordeel is ’n goeie barometer vir alle liefhebbers van die digkuns. Met hierdie resensie verval hy nie in ingewikkelde literêre formulerings nie. Hy takseer en spreek hom reguit uit: Sommige dinge slaag, ander nie heeltemal nie. En uiteindelik trek hy tog kopers vir die bundel – die opmerkings oor die gebruik van die moeilike villenelle-versvorm is genoeg om mens te laat uitslaan van nuuskierigheid. En die aanhalings is gepas – diegene wat De Lange se oeuvre volg, sal weet dat hy met die jare net aan vernuf wen. Soos altyd slaan Hugo se bedeesde toon deur, asook bewondering.
Amatola, deur Piet van Rooyen. Resensent: Deborag Steinmair (Boeke24)
Goed, dis duidelik dat Steinmair haar vantevore in Van Rooyen se skryfwerk verdiep het. Dis ewe duidelik dat sy Amatola behoorlik gelees het en ’n leuenverklikkertoets daaroor sal kan ondergaan en slaag. Maar hoekom dan lees ’n mens hierdie resensie en jy dink: Dankie, maar nee dankie? Geesdrif nie oorgedra nie.
Comments