(Foto deur E Feferberg vanaf Nobelruimte)
Jean-Marie Gustave Le Clézio is die ontvanger van die 2008-Nobelprys vir Letterkunde. Hier is 'n transkripsie van 'n onderhoud met hom (julle kan ook daarna luister.)
Ons Boekevatvrou was toe reg. Sy het Dinsdag al ’n kiekie van die mooi Fransman, Le Clézio, op haar blog gehad. Sy het vandag ook weer berig oor Le Clézio op haar blog.
(Ek moet oor die algemeen vir julle sê haar blog word onderskat, ek voel soos ’n analfabeet as ek daar rondloop.)
Ek was darem verlig toe ek deelneem aan die peiling op die Nobelruimte en uitvind ek is een van 83% van alle Engelstalige besoekers wat nog nie Le Clézio se werk gelees het nie.
Ek wou egter. Kalahari het egter nie eens een van sy boeke nie.
Exclusive Books is beter. Hier is ’n paar wat in Engels beskikbaar is:
Wie van julle het al van hom gehoor? Of dalk gelees?
Comments