top of page
Izak de Vries

Christa Jonker-Jordaan

Trisa Hugo, van Boememakranka, het laat weet Christa Jonker-Jordaan is gister in ’n motorongeluk oorlede.

Christa was ’n skrywer van Boeke soos Chilli-Lipstiek, Chilli-Lipstiek 2 en Oudword is nie vir sissies nie (daar is een vir mans en een vir vroue).

Ek het Christa Jonker-Jordaan se skryfvernuf self beleef op ’n vlug van Johannesburg af Kaap toe. ’n Mooi meisie het langs my kom sit, ’n boek uitgehaal, en begin lees.

Sy was seker so sestien, en het my oom genoem. (Sug.) Maar Chilli-Lipstiek 2 het gemaak dat sy bitter min vir hierdie oom te sê gehad het. Die stories is op die meisie af, draai nie doekies om nie en ... het ’n lessie iewers weggesteek.

Haar boeke is te koop op Kalahari, onthou dit as daar ’n tienermeisie in jou lewe is – of as jy begin oud word en oom genoem word!

0 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

コメント


bottom of page