Suid-Afrika het ’n wêreldkampioen.
Jip. Wanneer laas kon ons dit sê? Wat meer is, sy het haar finaal met minagting gewen. Vóór die klok nog gelui het, was die resies vir die twee plek al aan die gang.
Het julle die wedren gesien? Dit was ’n verbysterende vertoning.
Snaaks. Hoeveel koerantopskrifte het vanoggend aangekondig: “GOUD!”?
Ek het nie een gesien nie.
Verdomp.
Ek sê weer, wanneer laas kon ons spog met ’n wêreldkampioen? Ek het baie hoop gehad vir Hezekiel Sepeng in die 800 m, maar ek vrees hy was só gepla oor sy sonbril dat hy vergeet het waarvoor hy daar was.
Caster Semenya, daarenteen, het met soveel minagting haar oorwinning gevier, dit was eintlik snaaks. ’n Middelvinger sou minder effektief gewees het.
Waarom moes die media altyd kla oor Amelie Mauresmo se spiere? Waarom kla niemand oor Anna Kournikova se boudjies nie?
Gender DynamiX en die Saartjie Baartman-Sentrum het ’n persverklaring uitgereik, waaruit ’n deeltjie aanhaal:
This week South African media, in particular radio DJ’s and print media have been having a shameless orgy with the gender dispute of our gold medalist heroin competing in Berlin.
Last year we lost a South African sport star to a hate crime because she transgressed gender boundaries. Banyana soccer star Eudy Simelane was murdered in a township because she challenged expected gender stereotypes.
Is our media putting a South African hero’s life in danger on her return, gold medal in hand?
Instead of being proud of our champion the South African media and public is on a witch-hunt trying to define Semenya’s sex. DJ’s on radio are dissecting Semenya’s person to a point of reducing her accomplishments to her genitals.
Suid-Afrika het ’n wêreldkampioen. Waarom vier ons dit nie?
Lees gerus my blog oor Miriam Dans.
Go, Caster! Go!
Comments