My uitgewer, Riana Barnard van Tafelberg, het pas gebel (kyk hoe laat dit is^^) en vir my ’n persverklaring gestuur. Byna liefde verskyn op twee kortlyste vir literêre pryse wat hierdie jaar toegeken gaan word.
Die teks is gekortlys vir die beide die W.A. Hofmeyer-prys en die Jan Rabie-prys. Wow. Kyk egter wie is die opposisie! Dis baie wow:
W.A. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse letterkunde oor alle genres heen Hierdie prys word toegeken aan hoëgehalte Afrikaanse letterkundige werk waarvan die skrywers die vermoë het om deur hul uitstekende skryfwerk die grense van die Afrikaanse letterkunde uit te brei:
30 nagte in Amsterdam deur Etienne van Heerden (Tafelberg)
Byna liefde deur Izak de Vries (Tafelberg)
Staan in die algemeen nader aan vensters deur Loftus Marais (Tafelberg)
Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse letterkunde Die Jan Rabie/Rapport-prys word jaarliks toegeken aan ’n debuut- of vroeë werk gekenmerk deur vars en innoverende Afrikaanse prosa:
Alles mooi weer deur Karin Cronjé (genugtig!)
Byna liefde deur Izak de Vries (Tafelberg)
Die dag toe ek my hare losgemaak het deur Willemien Brümmer (Human & Rousseau)
Om saam met Etienne van Heerden op ’n kortlys te verskyn is baie wow. En Loftus se bundel moet nog baie keer geprys word, dis ’n pragwerk.
Willemien Brümmer se bundel is ’n besondere sterk werk. Tot my skande ken ek Karin Cronjé se nuutste nie, maar dit gaan nou reggestel word!
Die ander pryse sien soos volg daar uit.
Recht Malan-prys vir Engelse of Afrikaanse nie-fiksie of nie-literêre werke
A Millimetre of Dust deur Julia Martin (Kwela Boeke)
On the Contrary deur Tony Leon (Jonathan Ball Publishers)
Three-Letter Plague deur Jonny Steinberg (Jonathan Ball Publishers)
Die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke
Brolloks en Bittergal deur C.J. Langenhoven, teksverwerking deur Leon Rousseau, illustrasies deur Nelda Vermaak (Human & Rousseau)
Siyolo se trui/Siyolo’s Jersey deur Mari Grobler, illustrasies deur Elizabeth Pulles (Tafelberg)
Die Muisboot/The Mouseboat deur Paddy Bouma (Tafelberg)
Die M.E.R.-prys vir jeugliteratuur
Lien se lankstaanskoene deur Derick van der Walt (Tafelberg)
Onderwêreld deur Fanie Viljoen (Tafelberg)
Sharkey’s Son deur Gillian D’achada (Tafelberg)
Herman Charles Bosman-prys vir Engelse letterkundige skryfwerk en outobiografie
A veil of footsteps deur Breyten Breytenbach (Human & Rousseau)
Bodies Politic deur Michiel Heyns (Jonathan Ball Publishers)
Notes from the Dementia Ward deur Finuala Dowling (Kwela Boeke & Snailpress)
Comments