top of page
Izak de Vries

Bush, eet my vellies

Ek is in ’n ikonoklastiese bui, soos julle kan sien.


Ek hoop julle het almal die wonderlike video gesien van Muntazer al-Zaidi wat sy skoene na George W Bush gegooi het terwyl hy skree: “It is the farewell kiss, you dog.”

Nou sit Zaidi in die tronk, en wêreldwyd word protes aangeteken teen die feit dat hy aangehou word. In Indië het mense foto’s van Bush se gesig met skoene geslaan.

In Bagdad het mense skoene op Bush se foto’s gelos voor die VSA se ambassade.

In Afghanistan word ’n komedie gemaak waarin die skoengooiery afspeel, behalwe dat hulle dié keer gaan seker maak dat “Bush” raakgegooi gaan word.

Ek, ’n eenvoudige blogger, plaas hiermee my steun vir Zaidi met ’n foto van my twee Suid-Afrikaanse vellies op Bush se bakkies.

2 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page