top of page
Izak de Vries

Bravo Brandweermanne!


Vanoggend was ek weer ’n klein seuntjie. Knaap s’n en nog twee ander klasse is brandweerstasie toe. Pa se sewesitplekmotor moes diens doen.

Ag, hoe lekker was dit nie om nie weer ’n klein seuntjie te wees nie!

En, moet ek vir julle sê, die brandweermanne was ongelooflik met die jong klomp. Hulle het regtig die kindertjies vreeslik baie pret verskaf.

Elkeen kon met die groot brandslang spuit en elke een het ’n kans gekry om in die brandweer te ry terwyl dié met loeiende sirenes op en af jaag. (Ek het selfs ’n trippie in die rooi wa gekry!) Tussendeur is uitstekende raad gegee oor wat hulle moet doen as hulle ooit in ’n brand sou wees – alles op ’n manier wat menige uitkomsgerigte-onderwyser vaal sou laat lyk!

Ek haal my hoed af vir dié mense wat so baie doen, en tog so verskriklik baie moeite doen vir ons kabouters.

0 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

コメント


bottom of page