top of page
Izak de Vries

Boeke gee jou vlerke


St George’s Grammar School in Kaapstad is besig met hulle jaarlikse leesprojek. Dié storie gaan nou al vir baie jare aan en elke jaar is dit ’n groot sukses.

Die laerskoolhoof stel elke jaar ’n uitdaging aan die kinders: As julle elkeen X-aantal boeke gelees het teen die einde van dié twee weke, sal ek iets simpel aanvang. (Vir die Graad R’s is dit 25 boeke – saam met die onnie en/of by die huis saam met pa en ma.)

  1. Een jaar het hy ’n dag lank op die dak van die skool gesit en lees.

  2. ’n Ander keer het hy sy hare afgeskeer.

  3. Vanjaar jaar het hy belowe om skool toe te kom in sy pajamas en om daardie dag heeldag lank buite die biblioteek te sit en lees.

Die tema van die huidige projek is: Reading gives you wings.

Alle Graad R-kinders moes vanoggend vlerke dra skool toe en later die oggend het hulle ’n vertoning gereël met miniatuur helikopters wat met radiobeheer allerlei toertjies gedoen het.

Een van die boeke op die aanbevole leeslys is: IS DAAR PLEK OP JOU BESEM? Dis geskryf deur Julia Donaldson en geïllustreer deur Axel Scheffler. Hulle is die mense agter die Goorgomgaai aka The Gruffalo.

En weer eens het Philip De Vos gesorg vir ’n wonderlike Afrikaanse teks.

1 view

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comentarios


bottom of page