Met apologie aan Johan Myburg*
praat netnou met myself wat môre veertig word, kyk in ’n spieël. my lyf, dis duidelik, verdik. oë fokus goed, maar melanome skryf in donker ink norse memo’s in morsekode onder vel. geheue maak knope los, vergeet ontkopings. wat het ek teen veertig bereik?
pruttel ek. die gesig van die wêreld verander? moenie glo nie! ek is nie eens ’n moesie op ’n wang nie! onbeduidend. wat het ek om te wys? wel ’n kind
koffers, dus, uitgepak in huis paleis gesinspondok. dis al.
L' envoi
soos gemeld nie eens ’n digter nie, gesteelde vers vir blog. want kleinman eet tyd. dus? DANKIE, julle vir die reise sonder tas, sonder pas. (wanneer dit kleinman pas) *Johan Myburg se oorspronklike vers, “bestek”, verskyn in Kamermusiek, uitgegee deur Lapa. (Die afgelope paar dae was gek. Ek sal my bes doen om meer gereeld hier te kom inloer.)
Comments