top of page
  • Izak de Vries

Benny Lindelauf: My ouma was 'n leunstoel vol stories


* * *Benny in Nederlands (Afrikaans direk hierna) Mijn oma was vroeger zo dun dat ze zich kon verstoppen achter een berk. Maar toen was ik nog lang niet geboren. Ik ken haar vooral als de dikke, gezellige oma die erg van eten en drinken hield. En ze rookte als een schoorsteen. Ik was blij met mijn dikke oma. Je kon zo lekker in haar wegkruipen, net alsof ze een grote fauteuil was. En ze was een fauteuil vol verhalen. Ze hield van sprookjes, al gingen die sprookjes nooit zoals ze hoorden te gaan. Bij haar kwam Sneeuwwitje bij Assepoester op bezoek en aten ze het huisje van de heks van Hans en Grietje stiekem op zodat de heks onder de blote hemel moest slapen. Ik hield ook van haar verhalen over vroeger. Zoveel miste ik haar dat toen mijn oma doodging, ik iets met die verhalen wilde doen. En dat werden dus Negen Oop Arms en Die Hemel van Heivisj. Mijn oma is al lang dood, maar ik mis haar soms nog steeds. Ze heeft mijn boeken nooit kunnen lezen. Als er een hemel bestaat hoop ik dat daarboven ook een bibliotheek is en dat ze mijn boeken daar kan lenen...

* * *Benny in Afrikaans My ouma was vroeër so skraal, sy kon wegkruipertjie speel agter ’n berkeboom.* Maar dit was lank voor ek gebore is. Ek het haar geken as ’n dik, gesellige ouma wat baie van eet en drink het gehou het. En sy het gerook soos 'n skoorsteen. Ek was gek na my dik ouma. Jy kon so lekker in haar wegkruip, so asof sy 'n groot leunstoel was. Sy was 'n leunstoel vol stories. Sy het gehou daarvan om sprokies te vertel, al het haar sprokies nooit geklink soos dit hoort nie. By haar het Sneeuwitjie sommer by Aspoestertjie gaan kuier en dan het hulle skelm die huisie van Hansie en Grietjie se heks opgeëet sodat die heks maar onder die sterre moes slaap. Ek het ook baie gehou van haar stories van toeka se jare. Ek het my ouma só gemis toe sy sterf, dat ek iets met al daardie stories wou doen. Dit is hoe Nege oop arms en Die Hemel van Heivisj ontstaan het. My ouma is al lankal dood, maar ek mis haar nog steeds. Sy kon nooit my boeke lees nie. As daar ’n hemel is, hoop ek dat daar  ’n biblioteek sal wees waar sy my boeke kan gaan uitneem... * (’n Berkeboom het ’n lang, regop en dun stam, ’n bietjie soos ’n bloekom in Suid-Afrika - IDV)

* * * Net hier onder vertel ek ’n wonderlike storie van die ouma en bier – wat tot in Soweto gaan draai het, so rol gerus af as jy belangstel.


benny l 9 oop arms

* * * Nou die beloofde staaltjie oor Benny, ’n bier, sy ouma en ’n besoek aan Soweto.

* * *

Heila Theron. Heila is self ’n baie cool ouma.

* * *

* * * Koop Die coolste ouma op aarde hier. Koop Nege oop arms hier. Koop Die Hemel van Heivisj hier.

* * * Die historiese foto is deur Benny verskaf. Eureka Barnard van SASNEV het die ander verskaf.  Daar is mee foto’s van Benny se Soweto besoek op Karien Brits se Facebook blad.

* * * Ek het tevore geblog oor my ouma Miep en oor my ouma Lenie, twee redelik uiteenlopende oumas.

4 views

Recent Posts

See All

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.
bottom of page