top of page
Crito

Apologie aan Willie Burger

Die sondes van die moeders … Crito skuld prof Willie Burger ’n verskoning. Crito se bewering verlede jaar dat Renée Rautenbach Conradie se Met die vierkleur na Parys se manuskrip “in ’n stadium deel van haar werk vir die verwerwing van ’n Magistergraad by die Universiteit van Pretoria” was, en dat “prof. Willie Burger se departement … dit toe goed genoeg gevind vir die toekenning van daardie hoë akademiese onderskeiding” is nie feitlik korrek nie.

Dit is onder my aandag gebring dat Rautenbach Conradie se magistergraad toegeken is deur die Eenheid vir Kreatiewe Skryf, wat deur Henning Pieterse bestuur is as ’n onafhanklike eenheid by UP - tot in 2016, waarna dit as deel van prof. Burger se Afrikaans Departement gefunksioneer het.

Rautenbach Conradie was in die klas van 2011 by die Eenheid vir Kreatiewe Skryf, en het beslis nie in prof Burger se departement studeer nie.

Crito bied haar verskoning aan prof. Burger vir enige ongerief wat haar opmerkings rakende sy resensie van Met die vierkleur na Parys hom besorg het.

12 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring,...

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer...

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai...

Commentaires


bottom of page