top of page
Izak de Vries

Ant Sussa en die Byna in Liefde

Ant Sussa lees Byna Liefde! Dis darem wonderlik!

Maar, sê Ant Sussa. Die titel, en die idee van Byna Liefde ontstel haar.

Haai, tannie. Inderdaad. Menige jare terug, toe ek nog ’n veel jonger man met hare was, het ek by geleentheid gewerk aan ’n kabaretstuk en toe dié reëls geskryf:

There is one woman in every man’s life That he will never forget There is one woman in every man’s life That he will always regret

Ek vrees dit was die beste deel van die lied en, as ek reg onthou, is dit nooit opgevoer nie.

Maar, ja, tannie. Dit kan geld vir enige geslag, en enige geliefde (gay, straight, of sommer net omgeklits...)

En weet jy, tant Sussa, ’n goeie vriendin van my, nou al jare lank ’n weduwee en met veel meer jare op die lyf as ek, stuur mos vir my ’n e-pos waarin sy sê sy kan nie na my praatjie op Skelmbos kom nie, want sy is vas met ’n ander afspraak: “En die geliefde vir onder die akkerbome soen ontbreek ook!!”

Die liefde kies nie ouderdom nie, en die hartseer van ’n byna liefde, of soms gebrek daaraan raak ons almal.

Ek hoop almal het reeds Ludwig se storie gelees.

Tot wederom.

(Prinses, ek werk aan ’n antwoord!)

1 view

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

コメント


bottom of page