top of page
Izak de Vries

André S. Kamer se 15 Universal laws of relationships


André sê ook dat hy drie ambisies het: a) Om ’n blitsverkoper te skryf, b) om op Oprah se show te wees en c) om finansieel onafhanklik te wees.

Net soos sy blog, is 15 Universal laws of relationships gevul met humor en interessante staaltjies. Dis geensins ’n outobiografie nie, maar ’n groot deel van die boek se trefkrag wentel om die persoonlike goed wat André deel en waaruit hy dan sy “universele” waarhede aflei.

Hier is ’n voorbeeld; André lys goedgunstiglik die top tien goed wat mans oor vroue weet:

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

Of, luister hier:

As jy direk na haar loop en sê: “Ek is wonderlik in die bed,” is dit direkte bemarking.

As jou vriende sê: “Hy is goed in die bed,” is dit advertensie.

As jy haar die volgende dag bel en sê: “Ek is goed in die bed,” is dit telebemarking.

As jy instap en sý sê: “Ek hoor jy is goed in die bed,” is dit brand recognition.

As jy vir ’n meisie deure oopmaak, vir haar rose koop en lekker bederf, maar steeds alleen huis toe gaan, is dit die realiteit.

Is dit nie great nie?

André verduidelik ook hoe die voorkop moet lyk, hoe die ore moet lyk, hoe ver die oë uit mekaar moet wees ... en tog sê André jy gaan nie die perfekte persoon kry nie. Wees nóú al bewus daarvan. (Kies liewer die een met die beste motor.)

Ook, verklaar onse André, ’n man met ’n 4x4 se gereedskap is klein.

’n Groot deel van die boek word gewy aan hoe maniere om goeie seks te kry (bravo!), maar dis nie al nie. Daar is ook ’n aantal baie praktiese goed, soos: As julle al trouklokkies hoor, maak dóódseker dat julle heel eerste van alles ’n voorhuwelikse kontrak opstel. Of, as jy nou daardie flossie het en julle is mal verlief, dink mooi voor jy sommer jou vrou los, want min affairs hou langer as ses maande.

Daar is ook heelwat dieper goed in die boek. Wat maak jy as die vrou net daar lê en jy werk hard tydens seks? Wat is fout met haar? Nee, sê André, wat is fout met jóú? Wanneer laas het jy blomme gekoop, vir haar ’n bad ingetap...

Of: Wil jy die wêreldrekord opstel vir die langste seks? Okay, maar moenie verbaas wees as sy na ’n rukkie ’n tydskrif gaan lê en lees nie.

En, dink jy en die geliefde die Kama Sutra is boring? Lees André se oplossing in 15 Universal laws of relationships.

Jip. André noem die kind op die naam. Sy agste wet is vir vroue geskryf: Men do not change for the better after they marry. M.a.w. moenie met hom trou om hom te verander nie, it ain’t gonna happen.

Vir die mans is daar ook ’n aparte een, die negende: A thing of beauty is not a joy forever. André sê dis soos ’n nuwe motor: Na ’n tydjie ruik dit nie meer so lekker nie, en die skete begin wys... Maar, jy kan nog vir haar lief wees!

Sy dertiende is vir mans én vroue: If it sags or droops, fix it. Dus, gaan gym toe en bly fiks. Ek het André en sy vrou al ontmoet, en hulle doen dit duidelik.

Nog iets waaroor André uit sy eie lewe aanhaal, is die tweede wet: Alcohol is not the solution. Hy is baie eerlik oor sy eie stryd met alkohol en ontmoedig mense nie om dit matig te gebruik nie, maar as dit jou baas word ...

Dus?

Wel, ek dink julle het afgelei dat ek die humor in die teks geniet het en dat ek waardering het vir dit wat André doen.

Ek is egter die verkeerde “mark” vir dié soort boek. Ek kyk nooit Oprah nie. Ek weier om Stephen R. Covey of Robert Kiyosaki te lees, want ek wil weet wat Warren Buffet en George Soros te sê het, of selfs Simon Marias van Allan Gray (nie John Gray nie). Ek stel ook belang in sosiologie, so die idee van verhoudings wat volgens universele wette loop, is vir my net so vreemd soos sewe wette om enige mens ryk en suksesvol te maak. Feministe sal waarskynlik ook rooi sien, eerder as sterre, oor enkele op- en aanmerkings in die boek.

Maar, dis nie punt nie. Talle mense waardeer ’n toeganklike, leesbare gids op die stormsee van die lewe. En hoekom nie?

As jy Oprah kyk, lééf volgens The Seven Habits of Highly Effective People en reeds besluit het dat Men Are from Mars, Women Are from Venus blerrie akkuraat was, dan is André S. Kamer se 15 Universal laws of relationships net die ding om weer die planete in jou universum te laat loop volgens die bane wat vir hulle uitgemeet is. Koop dan hierdie boek en maak van André ’n “best-selling author”.

Die boek lees maklik, is goed geskryf en is vol kwinkslae wat die streng reëls van die heelal relativeer, iets waarvoor ek baie waardering het.

Die agterblad waarsku duidelik:

This is not a textbook. It is meant to be read as fun and entertainment, but contains numerous gems to help you avoid the pitfalls that cause relationships to break down. Whether you are sixteen or sixty, new to dating or already in a relationship, this book will help you make the right decisions to ensure that you both have a lot of fun.

Fun. Dís dalk ’n goeie woord om André se boek mee op te som.

Wanneer André die dag op Oprah verskyn, gaan ek ook kyk!

0 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page