Ek het ’n moersnaakse site wat ek later met julle wil deel, maar eers ’n bietjie gif spoeg: Wanneer gaan die mensdom leer dat daar nie iets soos ’n ras is nie?
Dêmmit.
Kyk hoe die blerrie regses in die VSA die Bybel gebruik om Obama te probeer uithou.
Die strokiesprent Doonesbury het heerlik gespot oor Amerika se Afrikavrees.
Kyk wat het Eleanor opgediep oor rassisme in Japan.
Kyk wat Clinton du Plessis in die hospitaal raakgeloop het.
Snaaks. Wetenskaplikes sal vir jou sê daar is ’n groter genetiese verskil tussen kinders van dieselfde pa en ma as wat daar verskille is tussen mense wat verskillende velkleure het.
Dis egter nie net wittes wat simpel is nie: Ek wonder of Killjoy Malema en Showerhead Zuma se ondersteuners ooit vir Trevor Manuel sal stoot as President? Glo nie. Hy’s dalk ook ’n bietjie te gemeng, a’la Obama.
Comments