Julle weet dit dalk reeds, maar daar is twee universiteite in Pole wat Afrikaans as vak aanbied.
Oor die jare het ek kontak gehad met ’n aantal van die baie wonderlike Pole wat daar werk, en ek verkneukel my steeds as een van hulle van die vliegtuig afklim en vlot Afrikaans praat. Talle van hulle het al by ons aan huis oorgebly. Hulle het my leer Vodka drink.
Poznan, waar my vriende bly, stel gereeld ’n Suid-Afrikaner aan om daar te gaan klasgee. Tertius Kapp is die nuutste persoon wat tans besig is om nes te skop in Poznan.
Lees gerus sy (effens tong-in-die-kies-)stuk oor sy vertrek na Poznan. Kliek hier.
Comments