kliek hier.
Kom loer in asseblief. Koste:
R50 pp vir volwassenes (maar dis goedkoper via Pick n Pay)
R20 pp vir pensioentrekkers
GRATIS vir mense onder 18
Vrydag 13 Junie 201411:00 Eendag op ’n reëndag Meesterstorieverteller Wendy Maartens aan die woord PLEK: Literary forum 2 Kinderboekskrywer Wendy Maartens se werk wissel van liriese, aktuele prenteboeke soos Prinses Mossienes en Lena se bottelboom tot vermaaklike hervertellings van bekende volksverhale en fabels in bundels soos Eendag op ’n reëndag en Die mooiste dierestories. Kom luister hoe Wendy meer vertel oor haar storiereis en die betowering en genot van stories. 12:00 Twee kante van die Kaap Nanette van Rooyen en Eldridge Jason in gesprek PLEK: Literary forum 2 Nanette van Rooyen se Ek was hier en Eldridge Jason se Gerook is albei realistiese tienerverhale wat in die Wes-Kaap afspeel. In Ek was hier word Seepunt en sy bonte mengelmoes van karakters ingespan as agtergrond vir ’n liefdesverhaal oor twee tieners wat deur middel van omgewingsvriendelike graffiti kommunikeer. Gerook delf na die donker onderwêreld van tik op ’n skynbaar idilliese klein Weskusdorpie. Hierdie twee Kaapse jeugboekskrywers tree vir die eerste keer met mekaar in gesprek oor hul werk en die Kaapse ruimte waarin dit afspeel. 14:00 erfenis+kos Nëil Stemmet PLEK: Room 1.41 Nëil Stemmet is ’n storieverteller. Hy het aan die voete van sy oupa geleer van stories. Sy passie in die lewe is erfeniskos en dat die stories oor onthou+kos vertél moet word. Omdat ons almal heengaan, is stories die enigste wat oorbly in die wêreld. Daarom ook is resepte deel van sy stories, en is suiwerder kos, soos ons uit oorvertel geërf het, so belangrik. 15:00 Liefde, spanning, misdaad, intrige en romanse Wilna Adriaanse, Karin Brynard, Kristel Loots en Malene Breytenbach PLEK: Room 1.41 Kom luister na vier van Afrikaans se merkwaardigste vroueskrywers – Wilna Adriaanse, Karin Brynard, Kristel Loots en Malene Breytenbach – wanneer hulle met Elna van der Merwe gesels oor die verskillende genres waarin hulle skryf. 16:00 Laaste Dans, Drienie Steve Hofmeyr PLEK: Literary forum 1 Steve Hofmeyr gesels oor sy nuutste boek en die inspirasie daaragter.
Saterdag 14 Junie11:00 Boeke, skrywers en Afrikaans Deon Meyer en Steve Hofmeyr PLEK: Literary forum 2
Deon Meyer en Steve Hofmeyr in gesprek – boeke, skrywers en Afrikaans.
13:00 Beleef die emosie Kristel Loots, Elsa Winckler, Jacolet van den Berg PLEK: Room 1.41
Kristel Loots was in die 2013-Finansiële boekjaar 23 weke lank op die Nielsen-lys van Top verkopers met haar LAPA boeke. Elsa Winckler verkoop uitstekend in Afrikaans en is ’n uitblinker in Engels op Amazone. Jacolet was verlede jaar agt weke lank op die Nielsen-lyste, en is hierdie jaar weer besig om haar plekkie warm te hou daar. Hoe kry ’n mens dit reg om jaar ná jaar jou lesers se voete onder hulle uit te slaan? Lesers kan hulle gunstelingskrywers van aangesig tot aangesig kom aanskou. Chanette Paul lei die gesprek.
13:00 Ek is ’n Babalela! Kom ontmoet die Babalela en luister na die stories PLEK: Kidzone
Kom ontmoet die Babalela! Gewoonlik woon die Babalela diep, diep in die donker bos, maar ons het gevra, mooi gevra of die Babalela nie wil kom kyk na al die boeke nie ... Die Babalela het ja gesê!
15:00 Hardebaard Deon Meyer, Chanette Paul en Karin Brynard PLEK: Literary forum 1
Drie van Suid-Afrika se beste misdaadskrywers deel ’n verhoog. Gou maak, plek is beperk!
Sondag 15 Junie13:00 Ek is ’n Babalela! Kom ontmoet die Babalela en luister na die stories PLEK: Kidzone
Kom ontmoet die Babalela! Gewoonlik woon die Babalela diep, diep in die donker bos, maar ons het gevra, mooi gevra of die Babalela nie wil kom kyk na al die boeke nie ... Die Babalela het ja gesê!
16:00 Die Baanbrekers Marco Botha PLEK: Room 1.42
Marco Botha, skrywer van Die Baanbrekers / Coach, ondersoek die denke, persoonlikheid en suksesse van sommige van Suid-Afrika se topafrigters. Onder hulle tel Heyneke Meyer, Ian Schwartz, Sherylle Calder, Brendan Venter, Paul Treu, Paddy Upton en Gary Kirsten. Sluit gerus aan by ’n gesprek tussen hom en van hierdie indrukwekkende sportlui.
* * * Ek kan, terloops, nie verantwoordelikheid aanvaar vir veranderinge nie, ek probeer bloot help. Kontak liewer die organiseerders as julle meer wil weet.
Comments