Waar is daardie bleddie ‘probe’?
Oktober 27, 2011 in Sonder kategorie
Ek kon alweer nie vanoggend wakker word nie. Daardie ‘snooze’ knoppie ses keer gedruk, en my kop is so dof soos na twee bottels van Nederburg se beste Special Late Harvest. Maar ek het gisteraand niks gedrink nie…..
Ek het wel weer gedroom ek sien ligte soos verskietende sterre, en die volgende oomblik is die plat, verligte alien-skippies soos groot glimmende disco-bane bo ons koppe.
Hierdie keer het hulle soos mense gelyk, ekstra laaaang mense. En ek moes hulle voer. En die tyd het so staaaadig verby gegaan – twee dae vir ons is maar een vir hulle.
Het weer mooi gesoek in die stort vanoggend, maar ek kan om die dood net nie die plek kry waar hul die probe ingeplant het nie…..
Modigliani het gesê op Oktober 27, 2011
Goed.
Dit is offisieel.
Jy is weird 😉
Poepskroef het gesê op Oktober 27, 2011
haha, sê my ma ook lankal! Shame, maar ek erf darem nogsteeds die Royal Albert koppies 🙂
lora2me het gesê op Oktober 27, 2011
Sussi, jy het ‘n vakansie nodig…:)
zephur het gesê op Oktober 27, 2011
Jong Sussi ek wil nou nie snaaks wees nie maar daai medikasie is sterk jong…hehehe
DeViL010 het gesê op Oktober 27, 2011
OMW…… moenie pille drink voor jy gaan slaap nie…..:-)
(net ‘n grappie hoor)
Poepskroef het gesê op Oktober 27, 2011
hiehie, in Mexico, met baie tequila ja!
Poepskroef het gesê op Oktober 27, 2011
Nou dat jy dit noem, die boksie het langs Ouma se setpille gestaan….dalk het ek verkeerd gegryp!
Modigliani het gesê op Oktober 27, 2011
LMGA 🙂
TS het gesê op Oktober 27, 2011
Vreemd …baie vreemd