Vrolike oomblikke
Oktober 19, 2011 in Sonder kategorie
Vanoggend het die sonstrale ‘n helder rooi roos langs die hek so mooi van agter af verlig. Toe my oog die kleur ontploffing met die goue ‘halo’ van sonstrale vang, vermoed ek dit gaan ‘n geseënde dag wees.
Oppad werk toe moes ek amper stop vir die beeswagter om sy troppie bontes oor die pad te jaag na die groener weivelde, maar ek het vinnig die gap gevat en was hierdie keer net 5 minute laat. Hoe salig dat die grootste verkeersknope in hierdie agter-wêreld veroorsaak word deur trekbeeste en geroeste bakkies wat kreun onder die blinkgroen koolkoppe…..
Maar nou is die son weg agter die wolke.
En die enigste man in die kantoor poep al klaar ‘n stofwolk los in sy hoek…..
umhlanga het gesê op Oktober 19, 2011
Gasmaskers op!
TS het gesê op Oktober 19, 2011
hehehe… so jakkals
rosiemetdorings het gesê op Oktober 19, 2011
vreemde verskynsel in die wêreld – tot ons reun se dampe is tonne erger as die teef sin.
Daar is dus nie ‘n manier om hom terug te kry nie
melvanas het gesê op Oktober 19, 2011
Haaaaahahaaaa! Lekker gasvryyyyy!
Poepskroef het gesê op Oktober 19, 2011
Nou dat jy dit noem, dit is wragtig so!
Modigliani het gesê op Oktober 19, 2011
Goeie more vreemdeling 🙂
Poepskroef het gesê op Oktober 19, 2011
Hallo besigste vrou! Ek koekeloer gereeld daar op jou blog om jaloers te word oor al die lekker naweek-dinge wat jy doen, 🙂
DeViL010 het gesê op Oktober 19, 2011
SS, kry ‘n stinkbom en los dit net voordat jy uitgaan vir ‘n baie lang tyd….. lol.
Poepskroef het gesê op Oktober 19, 2011
Ek het die ‘Etiket Polisie’ op hom gesit…kyk, as dié tante jou eers onder vier oë spreek, piepie jy sulke dun straaltjies van bangeit…. 🙂