14 Januarie
Januarie 14, 2011 in Sonder kategorie
Ek kan nou nie eintlik dink dat die dag vir enige ander rede bekend moet wees nie, maar vir my en my familie is dit die eerste verjaardag wat ons sonder my geliefde Ousus moet vier. Ek’s verbaas oor die gebrek aan trane. Ek mis haar. Ek mis haar vreeslik, maar ek huil nie meer nie. En dis ‘n goeie ding.
louisna het gesê op Januarie 14, 2011
Sterkte ou maat, en mooi jaar.
TS het gesê op Januarie 14, 2011
Sterkte – baie geluk
Doubtingthomas het gesê op Januarie 14, 2011
Sterkte en geluk van my kant af ook.
FOXY1975 het gesê op Januarie 17, 2011
Ek weet dis so effens laat, maar ek stuur die drukkie tog.. dalk het jy dit nodig.
Ek dink nie gebrek aan trane neem enige iets weg van die verlang en pyn nie, maar jul weet dat sy ook uit haar lyding verlos is, en omdat dit julle ook seergemaak het as sy seergekry het, dink ek dit maak die pyn en die trane effe minder.. dit verander egter niks aan die feit dat julle haar mis en ook nog lank sal mis nie..
Sterkte daar!
x
kerneelsie het gesê op Februarie 15, 2011
Hallo Plankloper. Dis al ‘n maand sedert jy laas ietsie geblog het?