‘n Stukkie wysheid…
Julie 8, 2010 in Sonder kategorie
Iemand het die aanhaling vir my gestuur en gevra wat ek daarvan dink. Die probleem was, dat ek g’n idee had wie vir die sms verantwoordelik was nie. Ek moes toe baie lank dink voor ek my antwoord kon stuur… My antwoord was: Ja, jy’s heeltemal reg!
Die aanhaling?
Alle mans is soos winkelwors.
Selfs die bestes het ‘n klein bietjie vark in…
Lekker naweek!
rosiemetdorings het gesê op Julie 8, 2010
hiervoor kan ek maar net lekker smile.
hacjones het gesê op Julie 8, 2010
Hehe! Ja, soms met willevark, vlakvark, grootvark, en dan Landrasvark!
Doubtingthomas het gesê op Julie 9, 2010
‘n Man is ‘n bok en ‘n bok is ‘n bliksem!
Eina!
🙂
louisna het gesê op Julie 9, 2010
Sonder my stukkie vark was ek dalk heeldag sonder die gawe van peristalse.
Ek is skrams die moer in vir jou omdat jy so lanklaas op die stoep was.
zephur het gesê op Julie 9, 2010
Nou hoe moet ons nou voel…
Ja ja met ons hande
loudavisi het gesê op Julie 9, 2010
Alle mense is so – ek ken mans wat geen vark in het nie.
amtaylor het gesê op Julie 10, 2010
Shame, party van hulle het net bietjie bacon in – heel lekker vir ontbyt.
Myrataal het gesê op Julie 12, 2010
Luister, al werk dit my gal, is ‘n varktjoppie met lekker rooiwyn-en-rosyntjiesous darem ‘n heel beskaafde dis! Grinnik
En nee wat, alle mans is darem nie varke nie, hoor.
plankloper het gesê op Julie 13, 2010
Ek se mos nie ons is varke nie… Ek se ons het net elkeen so ‘n bietjie vark in!
Angeliscious het gesê op Julie 14, 2010
eks tog so lief vir diere…