Die een is vir Murphy want ek dink sy sal daarvan hou.
Februarie 8, 2010 in Sonder kategorie
Rys en lensies saam met hoender in pajamas.
Voorbereidingstyd: 30 min
Baktyd: 1hr 35 min
Bestanddele
45 ml olyfolie
2 uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
150 g bruin lensies
200 ml droë wit wyn
200 ml vars lemoensap
700 ml hoender aftreksel (stock)
1 ml allspice
10 ml lemoenskil
15 ml heuning
150 g rys
250 g vars knopiesampioene, fyn gesny
250 g brokkoli, in klein boompies gebreek
sout en gemaalde swartpeper
6 hoenderbors fillette in helfe gesny (lengtegewys)
250 g swoerdlose spek
Metode:
Verhit die olie in ‘n groot pan of bak. Braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die lensies, wyn, lemoensap, aftreksel, allspice, lemoenskil en heuning by en roeor goed. Laat dit kook, draai die hitte af en laat prut vir 1 uur.
Voeg rys en groente by en laat rput vir nog 15 minute. Gooi sout en peper na smaak by en haal van die hittte af. As jou bak of pan nie oondvas is nie, dra inhoud oor na ‘n oondvaste bak.
Draai elke stukkie hoender in die spek toe en lê hulle bo-op die lensie en rys mengsel neer. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 C vir 20 minute.
plankloper het gesê op Februarie 8, 2010
Ek beplan iets anders vir jou…
plankloper het gesê op Februarie 8, 2010
Kewl!
DallaSePa het gesê op Februarie 8, 2010
Ek laaik ook!
:)))
loudavisi het gesê op Februarie 8, 2010
HMMMMMMmmmmmm, njammies!
plankloper het gesê op Februarie 9, 2010
Geniet!
Gharki het gesê op April 15, 2010
Dankie vir dit. gaan dit defnitief maak.
plankloper het gesê op April 15, 2010
Laat weet!