Klippe op die Afrikanerhart…
Januarie 21, 2010 in Sonder kategorie
Die het nou niks met my laaste blog oor my seun en myself te doen nie… Entlik het dit bokkerol met Afrikaners te doen. Maar ek kon nie aan ‘n ander ttitel dink nie en dis nou ‘n baie persoonlike moermeter-afblaas-blog die…
Sorrie.
Ek moes gou gaan proviand inneem want vannaand is weer my beurt voor die potte. (Of dalk agter die potte en voor die stoof?) Hoe dit ookal sy… Lekker in Spar rondgeloop en met die ou Jode-anties gesels; ‘n woordtjie gewissel met Jacko wat die rakke regpak, lekker met Charmaine gekorswil terwyl sy my inkopies in die geldklaviertjie inpons en toe op pad kar toe ‘n grappie gedeel met Joggie, die karwag. En toe klim ek met ‘n lied in my hart agter die stuurwiel in en kies koers huistoe.
Maar toe maak ek die fout om die draadloos aan te skakel.
“waar die son set (sic) – Baaaaby!
moet ek jou kom red – Baaaaby!”
Sing sy, en klink of sy op Prozac is. En dan val hy in…
“In hierdie hel van ‘n plek – Baaaby!
Met ‘n mes teen my nek – Baaaaby!”
En so ploeter die rymelary voort net om elke keer met ‘n “Baaaaby” afgewissel te word.
Wanneer hulle die refrein as duet aantree, klink dit nogal goed. Hulle is ten minste nie vals nie! Maar nes ek ontspan en die liedjie begin geniet, kom daar weer ‘n “Baaaaby”!
Ek sweer ek luister eerder na Steve se “Bloubul” (gril) as hierdie sinnelose “Baaaaby”
Kan ons nie asseblief die gebruik van die woord “baby” in alle Afrikaanse liedjies verban nie? Al noem die sangers dit ‘songs’ en al sing hulle in ‘n ‘band’ by ‘n opelug ‘gig’…
Ek raak so die moer in ek kan my eie kak met klippe gooi…
Weereens – SORRIE!
Die gekraakte Plankie.
louisna het gesê op Januarie 21, 2010
Metafoor van die maand: Ek raak so die moer in ek kan my eie kak met klippe gooi…
kerneelsie het gesê op Januarie 21, 2010
Ek soek nou na die liedjie wat my gat ook so krap, maar gelukkig kan ek nou nie onthou nie.(Hoop dit bly so)
Ek weet nie waar party sangers aan hul liedjies kom nie. Dis baby-choclits en baby hê vanaand en…
Nee wag. Netnou word ek met daai gekraakte plankie gemoer.
Groete
zephur het gesê op Januarie 21, 2010
Baby…wel baba sal seker nie van pas wees in die lirieke nie…ai tog
plankloper het gesê op Januarie 21, 2010
As ek kaal dans, dans ek nie, ek dril… Maar dankie!
plankloper het gesê op Januarie 21, 2010
Daar’s soveel mooier maniere! “Ek het jou lief soos die Kaap” is maar een waaraan ek skielik dink. (Nie laat ek die Kaap liefhet nie, maar jy kry die punt.)
plankloper het gesê op Januarie 21, 2010
Nou praat jy…
plankloper het gesê op Januarie 21, 2010
Hoop nie ek begin nou ‘n mode nie…
plankloper het gesê op Januarie 21, 2010
Sallie vir jou moer nie… Maar daai donners moet hier naby my kom raas…
plankloper het gesê op Januarie 21, 2010
Lekker enetjie daai…
Trakie het gesê op Januarie 21, 2010
Sit dit af, sit dit af (met apologie aan Johannes Kerkorrel. Of is dit nou Koos Kombuis? :-))
plankloper het gesê op Januarie 22, 2010
Dit was Kerkorrel… En ek doen!
plankloper het gesê op Januarie 22, 2010
Maak so baby… Probleem is… Hioer by ons is dit of stupid musiek of “talk shows” waar mense inbel en dis nog erger! Lyk my Classic FM is my voorland…
plankloper het gesê op Januarie 22, 2010
Goeie raad!
zephur het gesê op Januarie 22, 2010
Jip…maar nou blêr hul net Babbbbyyyy
plankloper het gesê op Januarie 23, 2010
Dankie!
plankloper het gesê op Januarie 23, 2010
Baaaby, baby, baby, baaaaby!
Jy’s die baby vir my,
Ek en jy sal gaan tjoklits kry!
Baaaby, baby, baby, baaaaby!!!!
(Ek dink daar’s ‘n toekoms…)
Lekker dag vir jou!
boerseun1 het gesê op Januarie 23, 2010
Ek skryf ook liedjies, maar die tipe ding grief my tot in my Boere siel in. Sterkte