Sê hom madala, sê hom.
Augustus 17, 2012 in Sonder kategorie
Daar is baie van hulle lang William Nicollaan soos ek huistoe ry in die middae. Meestal harde manne in oorpakke wat nie omgee om agterop ‘n bakkie te ry nie, nie as hulle R7 aan taxi-geld kan spaar nie. Klop aan jou ruit wanneer die verkeerslig rooi is of gee die handsein vir Diepsloot – vra vir ‘n saamry geleentheid. My bakkie is oud en moertoe, die gevaar van ‘n highjack relatief min. My hart soms sag.
By ‘n rooilig wys ek dit is reg, hy kan maar klim. Manne wat in die ry vir ‘n taxi wag hardloop ook nader en is agterop sonder om te vra. Algemeen aanvaarde praktyk, toestemming vir een geld vir almal wat wil saamry, as daar plek is.
‘n Drywer spring uit sy taxi, aggresief, storm nader en skree: “Mulungu”. Maak ‘n snybeweging oor sy keel terwyl hy my beduie: ”You are stealing my business.” Net om in sy spore gestuit te word deur ‘n stortvloed beledigings en dreigemente in verskeie tale van die saamryers agterop die bakkie.
Toe hy omdraai en wegloop skree die madala wat laaste opgeklim het vir oulaas: “Voetsek.” En toe, net sag genoeg vir ons om te hoor en tot groot vermaak van sy mede passasiers: ”Fôkken kaffer.”
exionperfexi het gesê op Augustus 17, 2012
🙂
benvanbruggen het gesê op Augustus 17, 2012
hehe. Uit die monde van suigeling en madalas. Dis gepas. Net n Nigga mag n ander een so noem in die VSA en dan nog speels voor bylas motherf…ing
avega het gesê op Augustus 17, 2012
Dis snaaks as hulle mekaar so noem, nugter weet hoekom 🙂 Vandat Wyseman op die myn gewerk het is hy so veiligheidsbewus hy sal NOOIT goedkeur dat iemand agterop ry nie. Jy kan natuurlik baie moeilikheid kry as iemand afval of jy in ‘n ongeluk is (of is dit ‘n toe bakkie?)
TS het gesê op Augustus 17, 2012
Ek het vir twee seuns skoolgehou wat wat vir mekaar ‘My wit Broer’ en ‘My swart Broer’ noem. Nou die dag verjaar die wit seun. ‘Geluk wit kaffertjie’ staan daar… dit gee my hoop vir die toekoms.
Jy moet maar versigtig wees.
frandr het gesê op Augustus 17, 2012
Sjoe, so ‘n regte SA-storie :0)
Blikskottel het gesê op Augustus 17, 2012
Dis sulke tye wat ek tot in mykleintoonjie lekker kry..iets soos ‘n kleintoonjie orgasmetjie..sou dit moontlik wees.
wonkytrolley het gesê op Augustus 17, 2012
The Times, They are a-changing
HeavyHenry het gesê op Augustus 18, 2012
*grin*
rosiemetdorings het gesê op Augustus 18, 2012
jare gelede ook bakkie gehad, nog so Datsun 1200’tjie. By die stopstraat net so met my kop na agter gewys, dan het hulle gespring.
smile vir die kommentaar van jou bakkie af
CBL1979 het gesê op Augustus 20, 2012
🙂
Planeet.Stander het gesê op Augustus 24, 2012
Nee, ‘n oop bakkie. Maar kry die arme drommels jammer, so vat maar die kans.
jjanajj het gesê op November 14, 2012
ASB. kom terug!!!
Billie Arington het gesê op Mei 2, 2022
Do you have a spam issue on this site; I also am a blogger, and I was wanting to know your situation; many of us have developed some nice methods and we are looking to swap methods with others, be sure to shoot me an email if interested.
abogados de vivienda het gesê op Mei 9, 2022
Rattling clean site, thankyou for this post.