Namakwaland toertjie – deel 1
April 14, 2012 in Sonder kategorie
Donderdag, 5 April
Vertrek
Met ‘n dag se verlof voor die naweek mis ons die ergste Paasnaweek uittog uit die Kaap uit. Om 06h45 val ons in die pad en mik vir die N7 Noordwaarts. Bestemming: Namakwaland Nasionale Park se Suidelike (kus)-gedeeldte.
Nie dat daar nie verkeer of oponthoud op die pad is nie.
Boulderbaai
Anderkant Garies draai ons af op die grondpad na Hondeklipbaai. So 10km kort van Hondeklipbaai is die hek links na die Suidelike deel van die Namakwaland Nasionale Park. Vandaar is dit so 22 km na Boulderbaai.
Mmmm…. laat ons sien. Iewers ‘n oop plekkie?
Sowat 5 km Noord van Bouldersbaai is die Spoegriviergrotte.
Die Spoegriviermond is ook daar naby.
HeavyHenry het gesê op April 14, 2012
Nice foties – lekker stil plek!
loudavisi het gesê op April 14, 2012
Ry jy wraggies verby my voordeur!
Lieflike foto’s – sal nog eendag daai pad aandurf.
Geitjie1 het gesê op April 14, 2012
Besonders……………Dankie dat jy dit met ons deel.
TS het gesê op April 14, 2012
Eerste keer dat ek van die Soegrivier hoor.
benvanbruggen het gesê op April 14, 2012
Spoegrivier is darem net die regte naam vir n rivier in die’ dorre streke.
Trakie het gesê op April 14, 2012
En hoe beny ek jou nie hierdie toertjie nie!
AfrikaNerd het gesê op April 14, 2012
My raai is dat daardie water eintlik seewater is wat oopstoot, net soos by die Groenrivier.
AfrikaNerd het gesê op April 14, 2012
Ek het verlede jaar vir die eerste keer daar gery, en kon ook nie glo dat ek nog nooit voorheen eens gehoor het van diei Spoegrivier en die grotte nie. Ook nie van die Groenrivier nie. Of Koringkorrelbaai nie.
AfrikaNerd het gesê op April 14, 2012
Ek is nogals bewus daarvan elke keer as ek daar by jou dorp verbyry!
Laasjaar op pad na dieselfde bestemming het ons vriende daar by die garage vir ons gewag nadat ons by Citrusdal karprobleme gehad het.
loudavisi het gesê op April 14, 2012
Maybe next time is julle lus vir boerekoffie…
; )
postatdo het gesê op April 15, 2012
Nice shots, I would love to see it.