Die Jerry Springer show fassineer my.
Ek verstaan dat dit bedoel is om vermaak te wees. Ek meen, after all kyk ek daarna, wat waarskynlik die kort antwoord op die vraag is waarom die program bestaan – mense kyk dit. Maar die feit dat ek die deelnemers sowel as die gehoor fassinerend vind beteken nie dat dit noodwendig goeie of gesonde vermaak is nie. Dit verduidelik ook nie wat maak dat mense op die program die dinge doen en sê wat hulle doen nie.
Voorbeeld 1:
Pietie het met sy meisie se vriendin in die bed gespring. Nou gaan hy bieg. Dis fine, dis seker die regte ding om te doen. Maar hoekom voor ‘n paar miljoen kykers? Nou vertel Pietie sy storie eers vir die gehoor en nog ‘n paar miljoen kykers. Olliewhile dink sy meisie hy gaan haar vanaand voor almal vra om te trou. En dan kry sy nou hierdie tipe nuus. Ek meen, what were you thinking, dude?
Goed, nou kom die vriendin met wie hy gepolefink het ook van agter af uitgestap. Die nexte ding dan is daai twee girls aanmekaar. Gewoonlik kom die haretrek en vuishoue eerste, dan die screaming match, en dan weer die vuisgeveg. Wat my laat dink, met so ‘n tipe patroon, word dit nie dalk gestage nie?
Voorbeeld 2:
Sannie het met haar vriendin in die bed gespring, maar haar vriendin is in ‘n vaste verhouding met ‘n boyfriend. Maar Sannie is erg chaffed saam met haarself, want vanaand gaan haar vriendin nou vir haar boyfriend vertel sy hou meer van meisis as van ouens. Sannie wikkel haar tong soos ‘n verkleurmannetjie van lekkerte. OK, miskien het dit iets anders voorgestel.
Nou kom haar vriendin in, maar plaas dat sy die game speel vertel sy vir Sannie sorrie, daai was ‘n mistykie gewees, ek hou eintlik meer van mans in die algemeen, en van my boyfriend in die besonder.
Dan volg die hare trek, vuishoue, screaming match en nog ‘n paar vuishoue.
Hoekom wil jy dit voor ‘n miljoen mense doen?
Standaard gedrag:
Die dudes sien ek like dit kwaai om hulle hemde uit te trek, ongeag of hulle daarna lyk of nie. Ek is nie seker of hulle vooraf betaal word om dit te doen nie. Miskien is dit ‘n tipe kodetaal wat ek net nie verstaan nie.
Die dames (op die verhoog en in die gehoor) like dit ook nogals om hulle borste te wys. Goed, ons sien dit nie, want dit word mooi diskreet uitgedof saam met die ander expletives. Maar sal dit die Amerikaanse weergawe wees van om vir iemand middelvinger te wys?
Ek dink ek verstaan net nie die konsep of die kodes nie.
Miskien is daar ‘n amateur sielkundige daarbuite wat my kan help hier.
Onlangse kommentare