Die prys van goed
Februarie 13, 2012 in Sonder kategorie
Ek sien onlangs die volgende klagstaat:
POLISIEKANTOOR: Albertinia
DISTRIK / AFDELING: Riversdal
PLEK VAN VERHOOR: Albertinia
HOF A (gits, sou Albertinia meer as een hof kan hê?)
VERHOORDATUM: 29/12/2011 (dís nou ’n manier om die oujaarsvieringe te begin)
NAAM: XXXXX
Kragtens die bepalings van artikel 56 van die Strafproseswet (51 van 1977) word u hierby aangesê om voor bogenoemde Hof te verskyn om 09H00 op die datum wat hierbo vermeld word om te antwoord op ‘n aanklag van
AANRANDING GEWOON
Of ‘n ander aanklag wat die Staatsaanklaer teen u mag inbring op grond daarvan dat u op of omtrent die 3de dag van Desember 2011 en te XXXXX-straat in die voormelde distrik wederregtelik en onwettiglik vir XXXXXXX gedreig het asook haar p*** gevloek het.
‘n Skulderkenningsboete van R150 mag aangeneem word.
Dalk is dit net ‘n misverstand gewees. Miskien is hy Engelssprekend. En miskien het sy motor gaan staan. En miskien het hy net gewag vir die insleepdiens om hom in te sleep. En miskien kom sy toe verby en bied aan om te help stoot. En miskien sê hy toe vir haar “You mustn’t push”, want hy weet mos die insleepdiens is op pad. Of miskien het dit dalk ook nie so gebeur nie.
Daan2409 het gesê op Februarie 13, 2012
Ja dalk is dit presies hoe dit gebeur het engels met ‘n afrikaanse uitspraak. Wonder nou net wie kry daai R150.00 skulderkening. Die klaagster?
pgjonker het gesê op Februarie 13, 2012
Nee, na die staatskas toe. Dit word gebruik om wet en orde te handhaaf en so, mos.
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2012
My een vriendin run die show in daai einste polisiestasie…ek sal egter my lippies gezip hou.
😀
Dis elkegeval vrek snaaks
HeavyHenry het gesê op Februarie 13, 2012
Crazy!