Lafenis vir die siel
Januarie 31, 2012 in Sonder kategorie
Dis eintlik ongelooflik wat die natuurlike elemente aan ‘n mens se gemoed kan doen.
‘n Mooi sonsondergang, byvoorbeeld, of ‘n rivier wat loop.
OK, wind is nie eintlik my ding nie, dié laat my nie baie wonderlik voel nie. Maar die geklots van water is natuurlik ‘n ander storie. Jy weet daai gevoel van rustigheid wat oor jy kom as jy luister na die kabbeling van water. Dis asof dit sommer die handbriek van die gejaagde lewe optrek en dinge in jou gemoed rustiger maak.
Ja-nee, die geklots van water is my ding.
Ek reken ek en hierdie skottelgoedwater gaan ‘n lang en heilsame verbintenis hê.
TS het gesê op Januarie 31, 2012
hehehehe… geniet jou verhouding … hoop dit sal net beter en beter vir jou word!
inadk het gesê op Januarie 31, 2012
Musiek in die wasbak!? Laat my kop loshande rondloop na stroompies water toe. . .
HeavyHenry het gesê op Januarie 31, 2012
🙂
frandr het gesê op Januarie 31, 2012
Kom ek nou met ‘n geplas terug aarde toe!