Gouritsmond – deel 4: Van Rillers en Grillers

Januarie 9, 2012 in Sonder kategorie

Sussie werk by een van die plaaslike restaurante op Gouritsmond as ‘n kelnerin. Haar eerste betrekking. Sy like dit baie dat mense haar betaal. Ek ook eintlik, noudat ek daaraan dink. Dat mense my betaal, bedoel ek.

Buurman maak ‘n afvalpot wat hy ‘n bo-bly pot noem. Ek doen nie afval nie. Ek is nie eens hoflik daaroor nie. Ek bak ‘n brood ter wille van balans.

Ek gaan saam met Kleinboet klipvissies vang. Ek ken nie van visvang nie. Blykbaar vang jy klipvissies met ‘n net, nie met ‘n visstok nie. Veral nie as jou visstok gewapen is met ‘n hoek so groot dat jy ‘n haai daarmee kan vang nie. Ek weet dit nóú. Tóé het ons dit nog nie geweet nie.

Kleinboet is heeltemal onsportief wanneer dit kom by daai ‘ene wat weggekom het’. Dit hoef nie eens ‘n groot ene te wees nie – ek meen nou maar, hoe groot kan ‘n klipvis nou after all word. Maar ‘n ou moet maar versigtig wees om ‘n vloermoer te gooi op die rotse, dus konsentreer Kleinboet die somtotaal van sy ergernis in sy lippe. Ek dink nie dis gesond vir ‘n ou se lippe nie.

Dan gaan Gouritsmond se water af. Dis nogals lastig. Daar doen ‘n trok die rondte waar mens kan water tap. Ons maak maar kanne en emmers vol water vir die volgende dag-en-‘n half.

‘n Vriend het eendag lank gelede vir Ouboet verduidelik wat die verskil tussen ‘n Riller en ‘n Griller is. ‘n Riller is daai flieke waar al die meisies vreeslik skree en almal maak of hulle bang is. Dié wat hulle oë toeknyp skree dan ewe hard saam. Maar ‘n Griller, het die vriend verduidelik, is wanneer mens in jou neus grawe en die opbrengs daarvan kou. (Ek weet sommer jy kry die punt).

So vertel ‘n moedswillige kamper my ‘n Griller. Hy sê daai watertrok doen ander dae diens as die riooltrok.

Ek weet daai is ‘n wolhaarstorie. Maar die Gouritsmond Spaar verkoop 5-liter kanne water ook, let ek toe op.

Op aanvraag:  ‘n foto van Gouritsmond.

19 antwoorde op Gouritsmond – deel 4: Van Rillers en Grillers

  1. avega het gesê op Januarie 9, 2012

    Dit lyk alte lekker. Jy moet ‘n foto van die brood ook plaas, het jy nie geweet? Sonder krag is nog gangbaar, maar sonder water is genoeg om my te laat opslaan en huistoegaan 🙂 Hoop julle kry gou water.

  2. Ja, nee!
    Mens weet nooit watter kinders het in die ou mense se water gemors nie.

    Ek kuier lekker saam op Gourits, dankie
    (Dalk het jy ‘n foto van die riviermond.)

  3. TS het gesê op Januarie 9, 2012

    EEEEEEeewwww … ek doen daarom nie kamp nie… al die grillers is nie vir my nie

  4. pgjonker het gesê op Januarie 9, 2012

    a) reënt: ek dra my kole van een braaidrom af na hierdie braaidrom toe wat onder die gezibo staan;
    b) jas is weermaguitgawe, 1985…

  5. pgjonker het gesê op Januarie 9, 2012

    Nee, maar daai is nie ‘n regte griller nie, daai was ‘n yarntjie gewees.

  6. pgjonker het gesê op Januarie 9, 2012

    Die krag het eers later afgegaan, maar net so vir 3 ure of so. Van die mense het inderdaad opgepak en vertrek oor die min water nie lekker saam met hulle geakkordeer het nie.

  7. pgjonker het gesê op Januarie 9, 2012

    Man, ek kan nou sê dis oor ek al blazé is oor my brood dat ek hom nie meer afneem nie. Ek het ‘n paar foto’s al van meesterstukke. Maar hierdie keer het dit nie so heel goed afgeloop nie. Niks aangebrand nie, maar die kroon van die brood was bietjie los gewees van die brood af.

  8. Brood bak met ‘n jassie? Moet oppas jy smelt nie oor die brood of steek jouself oor daai pot aan die brand nie:).lol. Waar die H2O nou opgeraak is , is waar ek nou “Four Seasons” toe sou trek, sonder twyfel, of ‘n sertifikaat vir skoon water sou demand het met “compensation” vir die min water. En julle moes seker met nat lappies “bad”. Gross. Maar dan is ek ‘n regte “girlie” as dit by sulke goed kom. Karakterbouende ervaring om die minste te sê. Hier het hulle ‘n “solar shower” ontwerp wat in die son warm raak as jy kamp wat ek dink geniaal is. Jy hang dit in ‘n boom op. Dalk moet ek vir Mev. Vink en stuur vir vlg jaar:).

  9. Dis ‘n mooie!

    Vreeslik baie dankie hiervoor

    Ek het nie geweet dat jy ook Afrika Nerd is nie!

  10. Ek is, maar net soms – as ek reis. En ek reis maar min deesdae. Dié dat Afrikanerd maar stil is.

  11. Nee wat, die water het ons min gepla. Die drie 5-liter kanne vol en die twee emmers op bystand was voldoende.
    Hier kry jy ook daai plastiek sakke wat jy die water in die son mee laat warm word vir stort. Mmm…. ja, dit kan werk – maar nie as die water op is nie.

  12. Психолог онлайн. Консультация
    Психолога онлайн – 7843 врачей, 5143 отзывов.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.