Ouma bel huistoe
Desember 10, 2011 in Sonder kategorie
Nou een Sondag sit ek rustig en koffie drink in die bed.
My selfoon lui. Ek sien dis my ma.
Vreemd, nogals, reken ek. Waar sou my ma nóú vandaan bel? Dis seker nie vreemd dat ‘n ou se ma jou op ‘n Sondagoggend bel nie, maar my ma is 4 jaar gelede oorlede. En vandag is hoeka haar verjaarsdag.
Vir ‘n oomblik is ek onseker of ek moet antwoord. Netnou is dit ‘n kollekteeroproep, mens weet nooit.
Die foon bly lui, so ek antwoord toe maar. Daar’s niemand aan die ander kant nie. Wel, ek het nie regtig iemand aan die ander kant verwag nie, maar ek is tog so half verlig dat sy nie praat nie.
Nou’s ek bietjie ge-rattle, moet ek bieg.
Dan onthou ek. Ek het ‘n selfoon by my seun oorgeneem – een van daai modelle wat as ‘n vermaaklikheidsentrum ook diens doen. En ek het my ma se verjaarsdag op die reminders gesit. Ek het net nog nie daarby uitgekom om te kies watter waarskuwingstoon die foon moet maak nie, en sy default setting was om soos ‘n telefoon te lui.
Misterie opgelos. Ouma het nie gebel nie.
Peace4All het gesê op Desember 10, 2011
Watter reminder!
avega het gesê op Desember 10, 2011
So jy’t jou eie foon gestel dat sy jou kan bel op haar verjaardag, dis funny.
Peace4All het gesê op Desember 10, 2011
Watter reminder!
UNPOCO het gesê op Desember 10, 2011
Ai PG.
TS het gesê op Desember 10, 2011
Sou tog lekker wees om bietjie met haar te gesels?
loudavisi het gesê op Desember 10, 2011
PG, ek is nou in die midde van misterieuse dinge.
Jou skrywe het my eers laat wonder…
wilre het gesê op Desember 10, 2011
Het jy die reminder nou afgehaal?
pgjonker het gesê op Desember 11, 2011
Nee, ek het net sy klank verander om soos ‘n reminder te klink, en nie meer soos ‘n oproep nie. 😉
pgjonker het gesê op Desember 11, 2011
Nou weet ek mos presies hoe jy bedoel.
pgjonker het gesê op Desember 11, 2011
Nogals, noudat jy dit noem, né.
pgjonker het gesê op Desember 11, 2011
Mens moet net eers oor die skrik kom voor dit snaaks raak.
Neander het gesê op Desember 11, 2011
Jip ouma bel soms.
jjanajj het gesê op Desember 12, 2011
SJOE!
hartseer en effe scary en laat mens wonder en lag en alles tesaam.