Ouma bel huistoe

Desember 10, 2011 in Sonder kategorie

Nou een Sondag sit ek rustig en koffie drink in die bed.

My selfoon lui. Ek sien dis my ma.

Vreemd, nogals, reken ek. Waar sou my ma nóú vandaan bel? Dis seker nie vreemd dat ‘n ou se ma jou op ‘n Sondagoggend bel nie, maar my ma is 4 jaar gelede oorlede. En vandag is hoeka haar verjaarsdag.

Vir ‘n oomblik is ek onseker of ek moet antwoord. Netnou is dit ‘n kollekteeroproep, mens weet nooit.

Die foon bly lui, so ek antwoord toe maar. Daar’s niemand aan die ander kant nie. Wel, ek het nie regtig iemand aan die ander kant verwag nie, maar ek is tog so half verlig dat sy nie praat nie.

Nou’s ek bietjie ge-rattle, moet ek bieg.

Dan onthou ek. Ek het ‘n selfoon by my seun oorgeneem – een van daai modelle wat as ‘n vermaaklikheidsentrum ook diens doen. En ek het my ma se verjaarsdag op die reminders gesit.   Ek het net nog nie daarby uitgekom om te kies watter waarskuwingstoon die foon moet maak nie, en sy default setting was om soos ‘n telefoon te lui.

Misterie opgelos.  Ouma het nie gebel nie.

13 antwoorde op Ouma bel huistoe

  1. Watter reminder!

  2. avega het gesê op Desember 10, 2011

    So jy’t jou eie foon gestel dat sy jou kan bel op haar verjaardag, dis funny.

  3. Watter reminder!

  4. UNPOCO het gesê op Desember 10, 2011

    Ai PG.

  5. TS het gesê op Desember 10, 2011

    Sou tog lekker wees om bietjie met haar te gesels?

  6. PG, ek is nou in die midde van misterieuse dinge.
    Jou skrywe het my eers laat wonder…

  7. wilre het gesê op Desember 10, 2011

    Het jy die reminder nou afgehaal?

  8. Nee, ek het net sy klank verander om soos ‘n reminder te klink, en nie meer soos ‘n oproep nie. 😉

  9. Nou weet ek mos presies hoe jy bedoel.

  10. Nogals, noudat jy dit noem, né.

  11. Mens moet net eers oor die skrik kom voor dit snaaks raak.

  12. Neander het gesê op Desember 11, 2011

    Jip ouma bel soms.

  13. jjanajj het gesê op Desember 12, 2011

    SJOE!

    hartseer en effe scary en laat mens wonder en lag en alles tesaam.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.