Sosiale Bekwaamheid

September 26, 2011 in Sonder kategorie

Ek het nou so lekker gelag vir Celia se storie oor sosiale onbekwaamheid.

Die storie laat my dink aan ‘n soortgelyk sosiaal onbekwame kêrel wie jare gelede saam met my op Varsity in die koshuis was.

Een van ons koshuismaats se broer is oorlede.  Toegegee, dis van daai ongemaklike dinge wat meeste ouens glad nie weet om te hanteer nie.  Meer dikwels as nie praat niemand daarvan nie, oor hulle nie weet hoe nie, en uiteindelik probeer almal kliphard om te maak of niks gebeur het nie.

Maar Klaas* (nie sy regte naam nie, netnou kry ek moeilikheid) meen darem mens moet simpatiseer.  Klaas homself is ook nie onnodig knap met hierdie tipe van simpatisering nie, so eintlik moet mens jou hoed afhaal vir sy poging:

“Ai man, sorry om te hoor van jou f**kin broer, né?”

7 antwoorde op Sosiale Bekwaamheid

  1. Ja fokken pas nie hier nie.

  2. Haha minstens het dit die arme man iets ander gegee om oor omgekrap te wees as net sy verlies!
    laat my dink aan nog n grappie
    Sersant roep die troepe op aandag,.. “Verster!! Jou broer is vrek” Arme verster kry natturlik n oorval net daar, en die Sers word dissipliner ingeroep,.. en gemaan om sulke nuus baie meer subtiel oor te dra..
    N paar maande later roep hy weer die troepe op aandag…
    “Die van julle wie se ouers nog beide leef, gee een tree vorentoe” gil hy… “Joubert!! waar de donner dink jy gaan jy heen??”

  3. Jip.

  4. TS het gesê op September 27, 2011

    siestog…

  5. *grin*

    Ja die arme ou – eintlik goed bedoel!

  6. Ai tog, ‘n mens wil huil so deur die lag vir die outjie se onbeholpenheid.

  7. inadk het gesê op September 27, 2011

    Arme ou – amper is hy ook dood . .

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.