Die dinge wat kinders sê

September 18, 2011 in Sonder kategorie

Kleinjan kyk graag TV. Eintlik te graag.

Daar is seker ‘n paar goeie goed ook wat daaruit spruit. Soos dat Kleinjan op 9 jarige ouderdom meer Engels kan praat en verstaan as ek toe ek skool klaargemaak het. Toegegee, sy aksent is soms bietjie Loony-Toonish, maar darem.

Maar toe Kleinjan nog heelwat jonger was het hy soms met frases vorendag gekom wat hy nie die betekenis van gesnap het nie. Dit kon soms lastig raak wanneer hy sy nuut aangeleerde frases op iemand uitprobeer.

So is Kleinjan saam met sy ma in die winkel. Verveeld besluit hy toe om een van sy nuwe frases op die winkelassistent te probeer.

“You, sir, are not nice.”

Die winkelassistent is uit die veld geslaan, mammie is bloedrooi, en Kleinjan baie tevrede.

Dís nou vir ou ‘n lekker sêding, huh?

4 antwoorde op Die dinge wat kinders sê

  1. TS het gesê op September 18, 2011

    te oulik

  2. My kleindogter wat tussen Frans, Engels en Afrikaans groot word, het eendag dit kwyt geraak: ” I can’t believe my eyes and my nose.”

  3. haha!

    Ek gaan dit bietjie op Hartman probeer as die tyd reg is daarvoor.
    😀

Los ’n antwoord vir TS. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.