Sou ‘n verloor teen Wallis dalk beter gewees het?

September 11, 2011 in Sonder kategorie

Help my gou hier. 

Kom ons veronderstel die volgende eindposisies in die onderskeie poele:

Poel A:  N-Z, Frankryk

Poel B:  Eng; Argentinië

Poel C:  Aus, Ierland

Poel D: SA, Wallis

Dan is die kwarteindrondes as volg:

Eerste kwarteindrond:  Aus v Wallis, en kom ons verondersel Aus wen

Tweede kwarteindrond: Engeland v Frankryk, en ek dink dis ‘n moeilike raai wie hier gaan wen, maar sê maar Frankryk.

Derde Kwarteindrond:  Suid-Afrika v Ierland, en kom ons veronderstel SA wen.

Vierde kwarteindrond:  N-Z v Argentinië, en N-Z wen.

Nou lyk die halfeindrondes as volg:

Eerste halfeind:  Aus v Frankryk

Tweede halfeind:  Suid-Afrika v N-Z

Ok, nou as ons teen Wallis verloor het en in Poel D was en Wallis eindig eerste en SA tweede in die poel, dan beteken dit dat, ons die kwarteindronde teen Australië sou speel, en as ons wen, ons ‘n halfeindstryd teen Frankryk speel.  Toegegee, soos Australië nou speel weet ek nie of mens hulle sommer gaan klop nie, maar ek wonder maar oor die scenario bloot oor beweer word dat James Hook se een skop oor was, en dat Wallis eintlik moes gewen het. 

Op ‘n manier voel dit vir my of ons sielkundig makliker kan glo ons kan die Ozzies klop as die Nieu-Zeelanders.

So ek is nie seker of die argumente oor Cook se skop eintlik die saak verder neem nie.  In elk geval was daar toe nog 60 minute speeltyd oor, wat mog beteken het dat die Springbokke se ingesteldheid anders sou gewees het oor die hoeveelheid punt om in te haal – wat dalk ook ‘n groter desperaatheid in hul spel sou bring.

Just making talk.

1 antwoord op Sou ‘n verloor teen Wallis dalk beter gewees het?

  1. TS het gesê op September 11, 2011

    Dit maak vir my nogal sin… maar noudat die helfte van die span beseer is, kan ons selfs teen Ierland vasval

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.