Bestuurde Chaos

September 1, 2011 in Sonder kategorie

Soggens is ‘n dier van sy eie. Chaos. As jy drie kinders in drie verskillende skole het, en die pa en die ma werk ook nog, dan gaan dit maar rof. Opstaan, ontbyt, aantrek, verlore sokkies en skoene, “Ma, waar’s my…..” en so aan.

Dan, as almal uiteindelik aangetrek en geëet het moet daar skool toe gery word. Dis ‘n ongelooflike ding hierdie. ‘n Tiener pak haar tas reg wanneer sy dit agter in die motor in sit – terwyl jy haastig wag dat almal klaarmaak.

Jy’s net om die blok dan bel die ma om te sê iemand het sy broodjies vergeet, dan dan draai jy weer om.

Dan, wanneer tienerdogter by die skool uitklim, dan pak sy wéér haar tas reg. Nie op die teerblad langs die motor nie nie, nee, terwyl dit in die motor se boot is en jy haastig wag dat almal klaarmaak, want jy moet ook nog by die werk kom.

Só begin jou dag elke dag met twee ure se chaos.

Ons het nou die oplossing gevind.

Ons staan nou ‘n uur later op. Dis nog steeds chaoties, maar dis nou net een uur ipv twee ure. Mens kan nie dink die oplossing kon so eenvoudig wees nie.

3 antwoorde op Bestuurde Chaos

  1. aha! ek sal dit probeer!

  2. lora2me het gesê op September 1, 2011

    Dis nou slim! Partykeer kry ‘n mens meer gedoen, met minder tyd.

  3. Bwhaahaha!

    Ek like die minimum pyn…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.