Close shave

Augustus 8, 2011 in Sonder kategorie

Kom ons noem hom maar John.

 

Hy en sy vrou en sy dogtertjie woon in Suid-Afrika al vir 4 jaar. Hulle verdien altwee hulle brood op ‘n eerlike manier, albei met ‘n vaardigheid wat aanwendbaar is in Suid-Afrika. Hulle kom van Zimbabwe af.

 

Sondag gaan besoek hulle ‘n vriend in Du Noon, buite Milnerton. John gaan klop, met sy vrou en dogtertjie wat in die motor bly wag. ‘n Ou Mercedes.  Bietjie geduik plek-plek.

 

Daar is niemand tuis nie. Wanneer John omdraai om terug te stap na die motor praat een van die locals met hom. In Xhosa. John verstaan nie Xhosa nie.

 

Dit is sekondes, toe weet almal binne hoorafstand hy is ‘n uitlander. John besef hy staar die dood in die oë. 

 

Hy hardloop na die Mercedes toe en spring in die motor. Sluit die deure. Die groepie het nou groter geword. Hulle begin pluk en stamp aan die motor, maar die deure hou. Ek het nou die aand staan en kyk hoe John sukkel om die Mercedes aan die gang te kry. Die enjin het ook bietjie aandat nodig. 

 

John kry uiteindelik die motor aan die gang en jaag weg, weg van die groter wordende groep mense.

 

Dit was close.  Baie close.

3 antwoorde op Close shave

  1. Ek kan nie verstaan hoe sekere mense se koppe werk nie!
    Lucky miss, beslis

  2. TS het gesê op Augustus 9, 2011

    ai daar is die wat nie so gelukkig is nie

  3. Hulle wou maar net steel van iemand wat sy geld eerlik verdien.
    In die diereryk kry jy wildehonde en haienas maar hulle het meer trots as die nasie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.