Skuldinvordering

Augustus 5, 2011 in Sonder kategorie

‘n Kollega is in korrespondensie met ‘n prokureur met die oog op die invordering van geld vanaf ‘n skuldenaar. Die skuldenaar is nie besonders begerig om die terugbetaling te bewerkstellig nie. Daarom natuurlik die nodigheid om ‘n prokureur te betrek in die oefening.

Die invordering vorder nie na wense nie.

Kollega skryf by geleentheid aan die prokureur en versoek dat hy tog maar sy vinger op die pols moet hou ten einde die saak te probeer bespoedig. Die briefie gaan af, waarna die kollega dit agterna weer rustig deurgaan, net om te sien sy het geskryf: “Geliewe asb u vinger op die bols te hou.”

Sy is hewig ontsteld. Ek het weer gedink hierdie voorstel behoort eintlik baie effektief te wees.

5 antwoorde op Skuldinvordering

  1. *grin* – dit kan werk ja – ‘n vaste greep, sou die wêreld se verskil maak…

  2. Ek doen skuldinvordering en myse vingers is op die bols….hehehehe! DIT WERK!

  3. jannel1 het gesê op Augustus 5, 2011

    My vrou wil weet waarop moet vroulike prokureurs hul vingers hou?

  4. TS het gesê op Augustus 5, 2011

    hehehehe… nader aan die waarheid kan dit tog nie?

  5. Ai PG, jy het my lekker laat lag so op die Vrydagmiddag!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.