Ver paaie [4]

Augustus 2, 2011 in Sonder kategorie

Oor die Limpopo rivier.  Die Zanzibar grenskruising naby Swartwater tussen Limpopo Provinsie en Botswana.

Sonneblomlande, sover jy kan sien.  Langs die pad tussen Nata en Kasane, Botswana.

In Chobe.  Sommiges moes uitgesleep word.  Dit was toe inderdaad 4×4 wêreld.

Die brug tussen Zam en Zim.  Links is Zambië, regs is Zimbabwe.

Die pad na beskawing!  Namashushu lodge in die Caprivi Strook

Petrol tap by Divundu, net uit die Caprivi strook uit.

11 antwoorde op Ver paaie [4]

  1. avega het gesê op Augustus 2, 2011

    Ver paaie inderdaad

  2. Wat ‘n opwindende reis!

  3. Neander het gesê op Augustus 3, 2011

    Lekker!

  4. Ek wil nou vir jou die skakel opgesit het na die hele storie op my http://www.pgjonker.co.za blog, net om agter te kom iemand het my blog ge-hijack. My blog behoort nou aan “Own3dByUnknownboy”. [email protected]#$%^%!

  5. bloukaap het gesê op Augustus 3, 2011

    en die ryding is ‘n CY nommeplaat. wat sou ek nie doen om so paar van hulle rondom my vanoggend te kon sien nie …

  6. bloukaap het gesê op Augustus 3, 2011

    wat gaan aan op jou website?

  7. Weet self nie. Die administrateurs kyk daarna. Ek kan nie eens die prentjie oopmaak wat nou wys nie, so ek weet nie eens wat “Own3dByUnkonwnboy” se boodskap is nie.
    Of die highjacker my laaster jaar se posts (so 160 stories / hoofstukke omtrent) delete het sal ek eers later weet.
    Vorige geleentheid is my bandwydte gesteel met mense wat onwetend deur my blog gekanaliseer is na ander blogs van swemklere modelle en so aan. Sedertdien het ek van server/administrateur geskuif.
    Sal maar sien of daar iets oor is van my blog.

  8. Ek sien die administrateur van my blog se site kom darem nou op as jy daar klik, en nie meer die highjacker s’n nie. Ek hoop maar my inligting is nog daar.
    Maar as jy ‘n CY nommerplaat rondom jou soek aanvaar ek jy issie innie Kaap nie.
    Gauteng, of nog verder?

  9. bloukaap het gesê op Augustus 3, 2011

    baie verder . 8000km plus verder. Spanje al 16 jr

  10. OK, lyk my hy’s terug op die lug. Lyk ook asof al my inligting nog daar is. Die skakel wat ek jou wou gee vir hierdie toertjie: http://pgjonker.co.za/category/afr-victoria-valle-toer/
    [Daar is ‘n Engelse weergawe ook – kyk maar daar op die indeks]

  11. OK, my blog sien ek is terug op die lug. Die skakel wat ek jou wou gee vir hierdie toertjie: http://pgjonker.co.za/category/afr-victoria-valle-toer/

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.