Reunie

April 17, 2011 in Sonder kategorie

Die lekkerste deel van ‘n vakansie is om agterna jou foto’s te kyk en die vakansie te herleef.  Die tweede-lekkerste deel is die vooraf beplanning.  En dan tussen-in, natuurlik, is die vakansie.  Maar die punt is dat beplanning redelik sentraal staan tot die oefening. 

Hierdie naweek het die ‘classes of 1977 – 1981’ van die Vredenburg Hoërskool reunie gehou (terloops, waar kry ek die deelteken op die ‘u’?)

Van ons vriende het so ver as Johannesburg gekom om die geleentheid die Saterdagaand by te woon.  So ry Naas en sy vrou deur na die gastehuis op Saldanha waar hy ingeboek is.  Daar gekom kry hy sy GPS en die e-pos met die padaanwysings uit om die adres van die geleentheid na te gaan.  Die vorige reunies was altyd op Saldanha, of naby Langebaan, so dit kan nie te moeilik wees om te kry nie. 

Mmm….. die aanwysings na die lokaal wys die okkasie vind plaas in Milnerton.  Naas sou daar verbygery het op pad Saldanha toe.  Die lastigheid is net, Milnerton is nou weer 140km’s terug in die rigting van waar hy gekom het.  Die gevolg is toe nou dat Naas nie onnodig vroeg by die geleentheid opdaag nie.  Daar was darem nog ‘n paar mense gewees toe hy uiteindelik daar opdaag.  Maar ons is bly hy was daar.  Vreemd, Naas het nie gedink dis so snaaks soos wat ons gedink het dit is nie.

Die ander lastigheid is net dat, toe die partytjie hier by middernag se kant heeltemal ten einde loop, toe moet hy weer die 140km terug ry Saldanha toe om by die gastehuis uit te kom wat hy bespreek het.

Mmm…. 

4 antwoorde op Reunie

  1. louisna het gesê op April 17, 2011

    Ons 40ste reunie is op 26 November vanjaar. Ouboet moet speechmaak

  2. pgjonker het gesê op April 17, 2011

    Naand oom ouboet.

  3. Renedewaal het gesê op April 17, 2011

    Sit nou so by my selwers en wonder wat Naas se vrou te sê gehad het…

  4. Ai dis nou n slegte misgissing. Ja, ek wonder ook hoe warm Naas se ore gepraat was langs pad!
    Die deelteken op die “u” kry jy as jy alt+0252 druk – ek weet nie van n ander kortpad nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.