Kamieskroon

April 2, 2011 in Sonder kategorie

Ek het onlangs op Kamieskroon oornag.  Donkeraand daar aangekom, en die volgende oggend net petrol getap voordat ons Wes-waarts deur die Namakwa Nasionale Park gery het.

Dit was die aand voor die super volmaan gewees.

Toe ons half-tien die aand daar aankom, toe hardloop die voertuig se aircon steeds.  Ons groep van negentien mense het gemaklik in die gastehuis gepas sonder dat al die kamers gebruik is.  Die volgende dag was dit ‘n snoesige 49 grade.  Daarom dat hierdie prentjie relevant is.  Aircon in elke kamer!

 

Die Gousblom gastehuis het ‘n redelike versameling blikke.

Met die likeurglasies netjies in ‘n ry daaronder.

Toerisme blyk ‘n belangrike deel van die dorp se bestaan uit te maak.

 

 Die volgende oggend moes ons eers petrol tap.

Die Kamieskroon kafee sit net langsaan.

En die kerk net om die hoek.

Ons is met die grondpad by die dorp uit, verby die Kamieskroon hotel.

Ek het nogals gewonder oor hierdie koppie.  Dit kan nie dalk die Kroon van Kamieskroon wees nie?

PGJ

7 antwoorde op Kamieskroon

  1. Maankind2 het gesê op April 2, 2011

    Een van ons lekkerste ontbyte ooit was by einste Gousblom!

  2. AfrikaNerd het gesê op April 2, 2011

    Ter wille van tyd het ons die oggend liewer nie die ontbyt geneem nie sodat ons op die pad kon kom. Maar selfs sonder die ontbyt is ons eers 09h00 daar weg.

  3. TS het gesê op April 2, 2011

    Sjoe dit lyk maar verlate

  4. loudavisi het gesê op April 2, 2011

    Ek hou van jou “snoesige 49 grade”
    Lyk of julle lekker getoer het.
    Sal ook seker nie weer in die somer gaan nie, né!

  5. AfrikaNerd het gesê op April 2, 2011

    Teoreties was dit veronderstel om amper herfs te wees. Wil nie die omgewing in Januarie beleef nie!

  6. AfrikaNerd het gesê op April 2, 2011

    Nie as jy van Soebatsfontein af kom seker nie….

  7. avega het gesê op April 4, 2011

    Eks mal oor daai kokerbome

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.