Die tale wat ons (kinders) praat

Februarie 4, 2011 in Sonder kategorie

Dalla-se-Pa se oproep laat my dink aan my pel wat met sy vrou en kindertjie in ‘n meenthuis gebly het.  Saam met hulle Ierse Wolfhond wat so 75 kg geweeg het.  Nee, die hondjie was nie oorgewig nie, hulle kom maar so in daardie groottes.

Soos dit nou maar die ding van honde is verkies die hond om by sy mense te wees.  Dis net, daar is nie noodwendig heeltyd orals plek vir die hondjie om sy 75kg lyfie gemaklik te maak nie.  Maar so het die hond darem sy lê in die gang gekry.

So hoor my pel sy seuntjie van 3 jaar oud in die gang af gesukkel kom.  Maar nou het die seuntjie ‘n probleem, want daar lê ‘n lummel van ‘n hondjie in sy pad wat sy pad versper. 

So hoor hy die drie-jaar oud mompel hardop by homself:  “Aag f*k, hond!”

Hy weet glad nie waar die kind dit sou gehoor het nie, reken hy.

5 antwoorde op Die tale wat ons (kinders) praat

  1. Children repeat word for word what you shouldn’t have said…

  2. Praat jy! “Ma, hoekom is die tannie so vet?”

  3. seker by die ma geleer, hulle praat mos van moedertaal.

  4. dit is die waarheid MK

  5. Nou is daar die storie van Jannie wat op ‘n plaas in die Boesmanland groot word.

    Uiteindelik gaan Jannie skool toe. Die jufrou doen moeite om Jannie sosiaal te laat aanpas. Hy word gereeld gevra om die stowwerige swartbord skoon te maak. Elke keer loop Jannie half sleepvoet en brom: “Jy vat my hond”.

    Jufrou het medelye met die plaasseun se verlange na sy dierevriend. Dit is eers later in die jaar dat sy kans kry om Jannie se ouers oor sy vreemde woorde uit te vra.

    Jannie se pa lyk ongemaklik toe hy die woorde duideliker herhaal: “Jy f*k my rond”.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.